Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-CALVINIA: Die Noordwester-koerant se stem in Calvinia en die Hantam gaan ná meer as ‘n eeu nie meer gehoor word nie.
Dit is hartseer om te verneem dat die koerant, wat in 1917 gestig is en vir 108 jaar deel was van die hartklop van Calvinia en omliggende dorpe, sy deure gaan sluit. 
Die laaste uitgawe is 26 September 2025.
Onder die toegewyde leiding van mnr. Frans Hugo die eienaar en redakteur wat reeds 93 is, en sy ewe lojale eggenote mev. Maxie Hugo (82) het die Noordwester vir jare nie net nuus verskaf nie, maar ook die mense van die Hantam en omliggende gebiede met mekaar verbind.

Read more …Noordwester op Calvinia se stem ná 108 jaar stil

GEMSBOK-KURUMAN: Met die steun van ‘n plaaslike ondernemingsontwikkelingsprogram, het die Kuruman-entrepreneur Bontle Lehula, haar gastehuis- en restaurantbesigheid uitgebrei en versterk. 
As een van 17 entrepreneurs wat van die opleidingsprogram deurloop het, het Bontle die kennis, hulpbronne en selfvertroue opgedoen om haar besigheid te laat groei en haar gemeenskap beter te dien.
Bontle het die behoefte aan gemaklike, skoon en bekostigbare akkommodasie in haar dorp erken en haar besigheid, “Back to the Moon”, gestig om beide reisigers en plaaslike inwoners te akkommodeer.
Die program, wat deur REISA befonds en deur RAIZCORP geïmplementeer is, het Bontle en ander begunstigdes omvattende ondersteuning gebied, soos sakeleiding, entrepreneurskapoplei- ding, spesialis advies, marktoegang en administratiewe ondersteuning. 

Read more …Plaaslike entrepreneurs toegerus met gereedskap om te presteer

“Toerisme en Volhoubare Transformasie”? GEMSBOK-WITSAND: Die LUR van Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme,  me. Venues Blennies-Magage, het verlede week Toerismemaand by die Witsand Natuurreservaat bekend gestel.
In haar toespraak het sy gesê die Noord-Kaap is nie net ‘n bestemming nie—dis ‘n gevoel. ‘n Plek waar vreugde gevind word in die warmte van ons mense, die majesteit van ons landskappe en die onvergeetlike oomblikke wat deur elke reisiger se lens vasgevang word. 
Tydens die opening verlede week is ‘n vierwielmotorfiets-avontuur by die Witsand Natuurreservaat bekendgestel, wat bydra tot die Noord-Kaap se portefeulje van aktiewe toerisme. Witsand is ‘n poort na die Kalahari, Namakwa, Karoo en Diamantvelde – en bied gesinsvriendelike aktiwiteite, skilderagtige piekniekplekke en diverse akkommodasie.

Read more …Toerismemaand in Noord-Kaap bekend gestel

GEMSBOK-UPINGTON: Boubeheer is daartoe verbind om die publiek te help om seker te maak dat wat jy koop in orde is, goedgekeurde bouplanne het en voldoen aan die korrekte grondgebruiksregulasies. 
Mnr. Patarick Williams, DKM woordvoerder, gee raad oor die belangrikheid van korrekte bouplanne, indien u ‘n huis wil koop.
“Ons bied ook advies oor watter toekomstige ontwikkelings moontlik is binne die raamwerk van die SPLUMA-regulasies, om te verseker dat jy nie ‘n eiendom koop waar toekomstige ontwikkelingsregte nie goedgekeur kan word nie as gevolg van grondgebruiksbeperkings.

Read more … Boubeheer is daar om jou te help

Dit is Septembermaand – dit is lente en Erfenismaand in Suid-Afrika. Ongeag waar jy jou vandag bevind, is ons wortels geplant in die Afrika-bodem. Vir Erfe- nismaand kyk ons met ’n vergrootglas na ons erfenis en hoe ons dit kan lewendig hou. Die !Omama Inheemse Nama Kultuurskool het verlede week die Kalahari Oranje Museum op Upington besoek en meer van die dorp se geskiedenis geleer.  Die HAT definieer erfenis as nalatenskap. Jou erfenis is dus iets wat jy in jou dra, wat jy gekry het en waar jy vandaan kom. Een van die maniere om daagliks jou erfenis te lééf, is deur jou taal daagliks te praat en bevorder. Dit is ook belangrik om dit vir jou kinders te leer, soos daar ook by die skooltjie gedoen word. Die kleuters leer daar die Nama-taal aan. Op die foto staan Maggie Aly, hoof van die !Omama Inheemse Nama Kultuurskool trots in haar tradisionele rok saam met Merlin van Wyk en Elsa Jones van Rhyn, redakteur van die Gemsbok. Merlin is be-kend daarvoor dat  sy kleurvolle kultuurrokke maak. Sy het die rok gemaak wat Maggie aan Elsa geskenk het vir haar jare lange ondersteuning vir hul projekte.

 

Op 12 September 2025 gaan die sportgronde van Upington Kollege omskep word in ’n sentrum van hoop en gesondheid. Die ZF Mgcawu-distrik, in samewerking met die Departement van Gesondheid, die Departement van Onderwys, en die gemeenskapsorganisasie CRC Cares, bied ’n omvattende Vroeë Kinderontwikkeling (ECD) Gesondheidsdag aan.
Die fokus? Om kinders ’n sterker, gesonder toekoms te gee.
Hierdie dag sluit inentings, ontwurming, tandheelkundige sifting en voedingsondersoeke in. Dit is meer as net ’n gesondheidsprojek – dit is ’n belegging in die lewens van die jongste lede van ons gemeenskap.

Read more …ECD Gesondheidsdag in Upington - 12 September

GEMSBOK-UPINGTON: Die SAPD in die Noord-Kaap het verlede week ‘n  dringende versoek aan die publiek gerig om honde aan die K9-eenheid te skenk, om die kapasiteit te verhoog en dienslewering te verbeter.
*Die volgende honde kan aan die SAPD geskenk word:
*Border Collies               *Rottweilers
*Duitse Herdershonde
*Hollandse Herdershonde
*Labradors                 *Bloedhonde
*Malinois (Belgiese Herdershonde).
*Vereistes: *Honde kan tussen 18 maande en 5 jaar oud wees.

Read more …SAPD benodig honde vir diens

GEMSBOK-UPINGTON: Die provinsiale bestuur van die Noord-Kaap, insluitend die adjunk-provinsiale kommissaris vir korporatiewe dienste, generaal-majoor - dr. Mphuthi, die adjunk-provinsiale kommissaris vir polisiëring, generaal-majoor Johnny Besnaar en die provinsiale hoof vir pro-aktiewe polisiëring, brigadier Irene Kopeledi, met hul gevolg, het die verkiesing van die interim provinsiale gemeenskapspolisieraad onlangs in Upington gelei.
Die vyf distriksvoorsitters, sekretarisse en openbare betrekkinge-beamptes wat verkies is, was deel van die vergadering, wat daarop gemik was om die provinsiale polisiëringraad te herstruktureer.

Read more …Polisieraad vir die gemeenskap gekies

Ronel Visser van Brandvlei se Uit-Die-Bottel Kweperkonfyt, is die SA Kampioen in die konfyt-afdeling van die eerste Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskappe. 
Die wenproduk was een van 456 inskrywings van 66 vervaardigers in die nuutgestigte Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskappe, aangebied deur Agri-Expo, die oudste landbougenootskap in die land. ’n Beoordelaars- paneel van 38 kenners het die inskrywings deur middel van ’n streng blinde proe-proses geëvalueer. Uiteindelik is 70 produkte van 29 vervaardigers as Suid-Afrikaanse Kampioene aangewys, met 11 kategorie-wenners wat bo uitgestyg het. “Suid-Afrikaanse verbruikers kan werklik kies en keur wanneer dit kom by gehalte,” sê hoofbeoordelaar Susina Jooste, koskenner en opleidingspesialis. 

GEMSBOK-KAKAMAS: Kagiso Dounalde Motlele van die plaas Dassierant; Chargo Trust, was die algehele wenner in die Agri Presteerder 2025 kompetisie.
Al die deelnemers van die kompetisie is by Lake Grappa onthaal waar sertifikate en kategoriewenners aangewys is.
Sedert 2010 het die Oranjerivier Produsente Alliansie (ORPA) die eerste kompetisie in die Benede Oranjerivier-streek gehou. 
Orffer & van der Merwe Human Resource Practitioners het weer die kompetisie behartig saam met ‘n span beoordelaars.  Die prysuitdeling, bygewoon deur die verskillende plase se landbouwerkers, bestuurders en eienaars, asook die hoofborge van Sanlam.
Beoordelaarspaneel het bestaan uit Marius Orffer en Christa Silver van Orffer & van der Merwe, dr. Andries Daniels van die Vine Academy and Model Farm en Elsa Jones van die Gemsbok koerant. Lovey Masowa was weer die tolk wat dit moontlik maak dat almal mekaar verstaan.
Voor die sertifikate uitgedeel is, het dr. Andries Daniels, akademiese en opleidingsbestuurder by die Akademie, al die deelnemers geluk gewens en gesê hoe hy, en al die beoordelaars, so baie by die deelnemers leer.
Hy het toe voortgegaan om te sê dat hy by die Vine Academy en Model Farm werk waar die missie Learn Empower Grow is, waarvan die akroniem LEG is, wat so diepgaande is, want in die landboubedryf het jy as boer, werker, produsent ‘n sterk paar bene nodig, nie net om deur jou wingerde en boorde in die reën en hitte te loop nie, maar ook wanneer die ongunstige omstandighede ontstaan. 
“Wanneer die storms kom, sal jy stewig op die grond kan staan ​​met daardie sterk paar bene en nie val nie, maar om die storm te weerstaan ​​en weer te begin loop en bou wanneer dit verby is.
“Hy noem dat, as die akademiese en opleidingsbestuurder by die Akademie, sy taak is om toe te sien dat die opleiding vlot verloop. Dat die deelnemers leer en verstaan ​​waaroor die opleiding gaan. Alhoewel hy die deelnemers deur die assesserings vir die Trekkerbestuurder- en Onderhoudsopleiding geneem het, het hy steeds nie geweet hoe om self ‘n trekker te bestuur nie, tot die onderhoud met een van die trekkerbestuurders vir die kompetisie, wat dit so goed en in soveel detail verduidelik het dat hy gevoel het hy kon nou ook ‘n trekker bestuur.
“En dit het vir hom net die liefde en passie beklemtoon wat die kandidate wat vir die kompetisie ondervra is, vir hul werk en die landboubedryf het. Hoe goed hulle dit verstaan ​​en bewus is van die holistiese prentjie. Hulle weet dat die bedryf sy volhoubaarheid moet handhaaf, want, soos hy altyd vir sy studente sê, is die landboubedryf die enigste bedryf wat jy ten minste drie keer per dag nodig het, vir ontbyt, middagete en aandete, want ons almal moet iets eet en drink, en sonder die landboubedryf sou daar niks wees om te eet en te drink nie.”
 Daarna is die sertifikate deur Johan van der Merwe en Gabriel Viljoen (voorsitter van ORPA) uitgedeel. 

GEMSBOK-KAKAMAS: ‘n Baie be-kende persoon in die Kakamas-omgewing, mnr. Vlok Hanekom, is onlangs oorlede. Toe berigte van sy dood op sosiale media begin verskyn, kon ‘n mens dadelik agterkom dat hierdie man groot agting in sy gemeenskap geniet het en op talle mense se lewe ‘n groot impak gemaak het.
Hy was ‘n eggenoot, ‘n pa, ‘n broer, ‘n oupa, ‘n vriend,  ‘n onderwyser, ‘n mentor - hy het vir soveel mense iets beteken.
Oom Vlok Hanekom het as jong onderwyser op Kakamas begin skoolhou.

Read more …Kakamas verloor ‘n besondere mens

GEMSBOK-UPINGTON: Die  provinsiale verkeersdepartement word daarvan beskuldig dat hy voortdurend misluk om die “onderbekwame verkeersdiens” in die provinsie te versterk, met die permanente aanstelling van slegs 16 uit ‘n geteikende 64 verkeersbeamptes. 
Dit is die eerste inname van verkeersbeamptes sedert 2008. Tydens die onlangse begrotingskomiteevergadering het die departement weer die hoë mislukkingskoers van leerlinge blameer, soos vroeër vanjaar blootgelê is. 

Read more … Slegs 16 verkeersbeamptes sedert 2008 in NK aangestel