Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-RIETFONTEIN: Die Rietfonteingemeenskap het onlangs gasheer gespeel vir die heel eerste Kalahari and Upington Farmers Association (KUFA) boeredag. 
 Meer as 400 mense vanuit die Kalahari-Upington streek en sover as Namakwaland het op díe dag byeen getrek om behoorlik fees te vier.
Een van die doelwitte van KUFA was om ‘n boeredag vir sy lede en die breë boeregemeenskap aan te bied.

Read more …KUFA hou eerste boeredag

"Ons Verenigende Gereformeerde Kerk in Upington het Sondagoggend 'n wonderlike samekoms in die kerk gehad waar ons die Here met lofsang en eer geprys het tydens die bekendma-king en amptelike onthulling van ons kerk se 150ste bestaansjaarbanier", het die VGK se konsulent, ds. Johan Julies gesê. Die kerk beoog 'n hele klompie aktiwiteite met die hoogtepunt wat in Oktobermaand sal geskied, het hy genoem. Op die foto verskyn die massakoor van die VGK wat Sondagoggend so voortreflik opgetree het.  * Foto: Nick Pretorius

GEMSBOK-KAKAMAS: Mev. Hendrina Bruwer begin 6 November 1989 werk by Kokerboom Oord tehuis vir bejaardes. 
Op 31 Maart 2025 tree sy af . 35 jaar en 5 maande diens by 1 instansie.
 ‘n Wonderlike mylpaal en ‘n voorbeeld van toegewydheid en lojaliteit teenoor ‘n instansie. 
Sy doen diens onder 5 verskillende bestuurders, verskillende bestuursliggame, personeel wat kom en gaan, en dan is daar die inwoners wat ook gekom en gegaan het. 
Sy het alles beleef- vreugdes, hartseer en sommer net alledaagse dinge wat gebeur het. 

Read more …Kokerboom Oord groet Hendrina na 35 jaar diens

GEMSBOK-UPINGTON: Lekker vermaak is gereël vir vanjaar se Expo wat vanaf 29 - 31 Mei gehou word.
Michael Lindt, wat bekend is as omroeper by die skou, gaan as seremoniemeester en aankondiger optree. Hy sal ook die gaskunstenaar by die Bejaarde Funksie wees, wat soos gewoonlik, die Donderdagoggend aangebied word.
Donderdag om 14:00 is daar ‘n skole produksie op die hoof verhoog.
Donderdagaand om 19:00 word Upington se Skoukoningin gekroon.
 Vrydagaand se sangprogram begin om 19:00 met Armand Steenkamp, Ryno Velvet gevolg deur Loufi Vrydagaand wat die aand afsluit.

Read more …Die Upington Landbou Expo om die draai

GEMSBOK-UPINGTON: Sedert 1970 lewer Trans Oranje Drukkers ‘n omvattende drukkersdiens aan die Upington-omgewing en Noord-Kaap. 
55 Jaar later vloei die ink nog sterk deur die are van hierdie besigheid. 
Hierdie drukkery spesialiseer in lithografiese drukwerk met hoogs opgeleide personeel met etlike jare diens. 
Sedert die laat 
negentigs is die maatskappy voortdurend besig met die opleiding van vakmanne deur die Suid-Afrikaanse Drukkerskollege met verskeie top studente.
‘n Goed opgeleide werksmag is noodsaaklik en daarom bly die deurlopende verbete-ring van vaardighede en die bemagtiging van die werksmag ‘n prioriteit vir die maatskappy. 
Die drukproses, veral lithografie, is ‘n baie gespesialiseerde proses om die gewenste eindproduk te kan lewer.

Read more …Trans Oranje Drukkers - 55 Jaar van omvattende drukkersdiens

GEMSBOK-UPINGTON: Nadat ‘n foto van Sophie Van Wyk, wat voor ‘n bekende kettingwinkel in Upington in haar rolstoel sit - menigte internet gebruikers warm onder die kraag gehad het - het Gemsbok na Shoprite uitgereik om agter die kap van die byl te kom.
In die foto kan jy duidelik sien dat beton pilare aangebring is - wat rolstoel toegang tot die winkel verhinder.
Shoprite het intussen as volg reageer:
Die supermark het twee kliënte-ingange, waarvan een toegerus is met ‘n rolstoeloprit.

Read more …Shoprite spring om toegang blaps reg te stel

GEMSBOK-UPINGTON: ‘n Interessante program is vanjaar opgestel vir die Jeugskou wat jaarliks tydens die Upington Expo gehou word.
Die Jeugskou is oor al drie dae van die skou aangebied.
Die Jeugskou sluit die volgende afdelings in:
Vleisskaap, Vleisbok, Melkbok, Veselbok, Perde, Kulinêre Kunste, Afslaers en Fotografie.
 Kinders sal kan deelneem aan: 
29 Mei: Jeugskou Demonstrasie & Teorie eksamen.
30 Mei: Junior-Junior en Junior skouman.
31 Mei: Senior was en skouman, Afslaers en Kulinêre kunste (jnr & snr).

Die inskrywingsfooi per leerder beloop R100. Vir meer inligting kan die volgende persone geskakel word: Bennie Nortjé - 082 944 7086, Helena Nortje - 083 462 7296, Lara Visser (HS Upington) - 081 512 7886 of Jacolene Crafford (HMO) - 084 799 8032.


-

GEMSBOK-UPINGTON: Die Upington Landbou Expo, wat van 29 tot 31 Mei, aangebied word, gaan beslis die jaar sy naam gestand doen.
‘n Groot verskeidenheid diere en diereprodukte sal geskou en uitgestal word en verskillende inligtingsdae word aangebied.
Die bestuur van die Upington Landbou Expo is baie opgewonde om aan te kondig dat daar twee kampioenskappe gehou gaan word, naamlik die Dorper en Witdorper Streekskampioenskappe, asook die Arabierperd Kampioenskappe, wat deur die NK Arabierperdeklub aangebied word.
Dit sal die eerste keer in jare wees wat die perdeskou weer in die hoofarena gehou gaan word. 
Dit is ‘n 3-daagse skou waar perde op halter, ryklasse en dan Saterdag, die kampioene gekroon gaan word. Skougangers sal hierdie spogperde  in die hoofarena baie geniet. 

Read more …Diere by die Upington Landbou Expo

GEMSBOK-VREDENDAL: Die nuwe Red Ox Restaurant en konferensie sentrum het vroeg in Maart hul deure vir die publiek oopgemaak nadat die perseel heeltemal herbou en verander is.
Hier het die eienaar, mnr. Jean Lambrechts van NC Foumous Lodges-faam, homself weer oortref met die smaaklike dekor en ongelooflike uitsig oor die wingerde van die streek met die Matzikama-berge op die agtergrond.
Draai gerus van die N7 af en kom besoek die besondere plek.

Read more …Red Ox & die Keldery op Vredendal neem jou op ‘n kulinêre ervaring

Opebrief aan die Dawid Kruiper Munisipaliteit
Ons Dorp se munisipale leiers praat gereeld hoe hulle ons infrastrukture, soos die paaie, gaan verbeter en vooruitgang sal bring aan ons inwoners. 
Dit klink goed as ‘n mens dié goed hoor, maar later sien jy nie die beloftes wat realiseer nie. 
Ek wil graag hul aandag vestig op ons midde-dorp se strate wat volgens my mening die swakste in die Noord-Kaapprovinsie is. 
Ek het al wyd en syd in ons land gereis in dorpe en stede waarvan die strate en paaie beter is as ons eie.  Upington se strate toon ‘n agteruitgang die afgelope 10 jaar wat vir die motoris ‘n “nagmerrie” geword het. 

Read more …Weerspieël Upington se paaie vooruitgang of ondergang?

GEMSBOK-UPINGTON: Raisins SA/FNB Landboupraatjie vind vanjaar by die Karakoelsaal plaas gedurende die Upington Landbou Expo.
Die tema vir die dag is: Growing More, Growing Smarter
Unlocking Profitability, Innovation and Global Markets for #raisins.
Raisins SA bespreek die geprojekteerde 50%-groei van die rosyntjiebedryf oor die volgende vyf jaar. Om produksie van 100 000 ton tot 150 000 ton te verhoog, is samewerking noodsaaklik op elke vlak, van die plaas tot die verpakker, om verskeie uitdagings aan te spreek.

Read more …Raisins SA/FNB Landboupraatjie by Expo

GEMSOK-UPINGTON: Die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, mnr. Gayton McKenzie, het verlede week ‘n spesiale viering - ter ere van Ouma Katrina Essau  by die Upington Inn gelei.
Ouma Katrina word wyd erken as ‘n Lewende Menslike Skat en ‘n geëerde figuur in die bewaring van die N|uu-taal en Khoi-San kulturele erfenis.
Die N|uu-taal, wat deur die Verenigde Nasies as krities bedreig geklassifiseer is, is in 1973 amptelik as uitgesterf verklaar na die sistematiese marginalisering van inheemse tale onder apartheid en die afgedwonge oorheersing van Afrikaans in die openbare en ekonomiese lewe. 

Read more …Minister vereer Ouma Katrina