GEMSBOK-UPINGTON: Raisins SA verwelkom Wessel Lemmer as nuwe hoof uitvoerende beampte, wat op 6 Januarie 2025 sy amp sal aanvaar.
Raisins SA erken die sukses van hul span onder leiding van ons uittredende uitvoerende hoof, dr Ferdie Botha, wat die afgelope sewe jaar ‘n uitstekende strategiese rol gespeel het in die groei van Raisins SA se kapasiteit en handelsmerkbewustheid.
‘’Dr Botha laat ons met ‘n wonderlike span hier by Raisins SA. Ek sien daarna uit om voort te bou op sy nalatenskap, terwyl ons voortgaan om die rosyntjiebedryf te ontwikkel, nie net vir die produsente en verpakkers, maar ook in die belang van alle sleutelbelanghebbendes. Ons het almal ‘n belang in die sukses van ‘n volhoubare en winsgewende rosyntjiebedryf. Ons onmiddellike prioriteite is om die vraag na ‘n uitstekende gehalte produk te bevorder, om nasionale rosyntjieproduksie te verhoog, veral per hektaar produksie, en om vertroue in ‘n regverdige en veilige mark aan te moedig.” – Wessel Lemmer
Wessel, ‘n gesoute landbou-ekonoom, se ervaring in landbou strek oor meer as 30 jaar sedert die begin van sy M.Sc.Agric graadstudie aan die Universiteit van die Vrystaat in 1993. Hy het sy loopbaan begin deur n studie van die finansiële lewensvatbaarheid van produsente in die Laer-Oranjeriviergebied te doen t.o.v. vloede van verskillende omvang. Hy is terug in Upington, om die sirkel te voltooi, om die Suid-Afrikaanse rosyntjiewaardeketting te dien.
Kakamas SAPD beste in ZFM-distrik
GEMSBOK-KAKAMAS: SAPD Kakamas is onlangs tydens ‘n spoggeleentheid, deur die ZFM distrik aangewys as die beste stasie in die distrik vir die 2023/2024 finansiële jaar.
Brigadier Peet Coetzee, waarnemende distrik kommissaris het die stasiebevelvoerder, kolonel Dries Witbooi, asook sy personeel gelukgewens met hulle welverdiende prestasie.
Ander presteerders wat aangewys is , was, kaptein Elsabe Vass, as administrasie beampte van die jaar, die menslike hulpbronne kantoor in 2de plek vir administrasie kantoor van die jaar, die sosiale misdaad span as 2de plek vir sigbare polisiëringspan en die taakspan as 2 de plek vir operasionele span van die jaar.
Kolonel Witbooi het dan ook die personeel van sy stasie geprys met die harde werk wat hulle gelewer het.
Die gemeenskap van Kakamas word ook verseker van professionele dienslewering.
Kolskoot Vleismark wen nasionale trofee
GEMSBOK-UPINGTON: Kolskoot Vleismark in Upington, van wie Hermanus en Madelein Stevens die eienaars is, het onlangs die nasionale toekenning by die 20ste jaarlikse "Best Business Cleaver Awards" in Kaapstad gewen vir hul voortreflike kliëntediens en gehalte vleisprodukte.
In die kategorie "Industry Favourite Award" het Hermanus se bekende vleismark in Upington sukses behaal met uitmuntende bestuursvernuf. "Harde werk bring sukses. Ook die wyse waarmee jy jou kliënte en werkspan hanteer, is van kardinale be-lang", sê Hermanus.
Nooddienste spanne wys hulle staal
GEMSBOK-KURUMAN: Die Noord-Kaapse departement van gesondheid het onlangs die 7de jaarlikse provinsiale Mediese nooddienste-dagviering by Batlharos-sportterrein, Gase-gonyana plaaslike munisipaliteit, aangebied.
Die doel van die Mediese nooddienste (EMS) dag was om bewustheid van die rol van EMS binne die land te verhoog en ‘n platform vir erkenning en spesiale prestasies te skep- asook om alle EMS-personeel te vereer wat dikwels die roeping van diens te bowe gaan.
Mediese nooddienste spanne kon hulle vaardighede ten toon stel met verskillende nagebootste situasies.
Die departement het ook ‘n EMS-toekenningseremonie aangebied - voor die langverwagte Provinsiale EMS-dagviering.
Hierdie toekenningseremonie is daarop gemik om alle EMS-personeel te waardeer en erkenning te gee wat dikwels verder gaan as die pligte.
Postmasburger gesels omgewingsoplossings met prins William
GEMSBOK-POSTMASBURG: Lesedi Monnanyane, van Postmasburg, is ‘n finalejaar volhoubare ontwikkelingstudent van die Universiteit Stellenbosch, wat onlangs by prins William in Kaapstad aangesluit het as een van Afrika se top 100 deelnemers aan die Earthshot-prys-jeugprogram.
In ‘n seldsame geleentheid om omgewingsuitdagings te bespreek, het Monnanyane sy idees met die prins gedeel, wat hy beskryf het dat hy “opregte belangstelling toon in die idees en stories wat gedeel word deur die jeug wat by die program betrokke is”.
Monnanyane, van die myndorp Postmasburg, is geen vreemdeling vir die impak van omge-wingskwessies nie. Omring deur meer as 35 mynbedrywighede en worstel met ernstige waterskaarste, is hy lank reeds passievol daaroor om volhoubare oplossings vir besoedeling en hulpbronskaarste te vind.
Kleinskaalse vissers neem olie-eksplorasiestryd na die hooggeregshof
In ‘n saak wat ‘n kritieke presedent vir klimaatsgeregtigheid en gemeenskapsregte in Suid-Afrika kan skep, het Aukotowa Fisheries Primary Co-Operative, omgewings-voorspraakgroep The Green Connection en die regsorganisasie Natural Justice ‘n hofgeding in die Wes-Kaapse hooggeregshof gebring.
Aukotowa Fisheries Primary Co-Operative Limited is ‘n kleinskaalse hengelkoöperasie gebaseer in Port Nolloth.
Die aansoekers, wat die stemme van kleinskaalse vissers en kusgemeenskappe verteenwoordig, daag ‘n regeringsbesluit uit wat die weg kan baan vir olie-eksplorasie in die Diepwater Oranje Bekken (DWOB) aan die land se weskus.
Kalahari & Upington Farmers Association gestig
GEMSBOK ASKHAM: Die Kalahari and Upington Farmers Association (KUFA ) is onlangs op die plaas Breekduin tussen Groot Mier en Askham gestig.
Daar is die grondwet van KUFA ook onderteken.
Die organisasie het ten doel om as mondstuk vir alle boere in die Kalahari en Upington omgewing op te tree. Om met ondersteuning, maar ook daadwerklik by te dra tot volhoubare boerderypraktyke, die voortbestaan van die boeregemeenskap en voedselsekerheid van die streek te verseker.
Gedokterde slangfoto bring herinneringe van “Groot Slang” se legende
GEMSBOK-UPINGTON: Kort nadat ene Johan Ruiters, met ‘n splinternuut gestigde Facebookprofiel, fotos van wat lyk soos ‘n tamaaie groot slang wat in die Oranjerivier swem, aan die Gemsbok gestuur en ook op ander sosiale media platvorms gelaai het, is die internet aan die giggel en gons oor die egtheid en oorsprong van die fotos.
Ruiters het twee soortgelyke fotos aan ons ge-stuur met die volgende boodskap by:
“Goeie More
Ek wil graag nie ‘n bohaai veroorsak nie, maar daar is ‘n paar fotos wat ‘n vriend vir my gestuur het - wat haar man ‘n tyd terug langs die Oranjerivier (Upington) geneem het.
Koebaai oom Dirk, prof, “Van Gogh”
Ek het iewers in 2010 die eerste keer oom Dirk ontmoet. Ek, wat van kleins af daarvan gehou het om met interessante mense te gesels, het dadelik van hou gehou.
Eksentriek, ‘n goeie skoot hardkoppigheid, maar ook lief vir mens en dier.
Dirk Jacobus Rupping is op 25 Janaurie 1942 gebore as die jongste kind van Booi en Marie Rupping, van die plaas Kortkamp in die Kalahari. Oom Dirk het my vertel dat hy van kleins af daarvan gehou het om te teken. Sy ma het hom ook baie aangemoedig, ook leergierigheid by hom aangemoedig.
Dirk Jacobus Rupping was ‘n slim man, dit het jy gou agtergekom as jy met hom gesels het. Hy was die eerste leerling van Hoërskool Upington wat ses onderskeidings in matriek behaal het.
Dr Diergaardt se praktyk brei uit
Dr Elmar Diergaardt wil graag die gemeenskap inlig oor die twee kollega’s wat by die praktyk aangesluit het.
Dr Jennie Bruwer assisteer alreeds vanaf 1 Augustus 2023 by die praktyk en dr Georgin de Wee het op 1 September 2024 aangesluit.
Ons bedien steeds alle pasiënte, mediese fondse, kontant, asook beroepsgesondheid en beserings aandiens (WCA’s).
Na-ure diens is ook beskikbaar deur die Quadromed groep by 082 692-9951 te skakel.
Ons bedank ook die gemeenskap vir die volgehoue ondersteuning van die afgelope 32 jaar.
Suksesvolle Internasionale Dorper- & Witdorper veiling gehou
BKB Lewendehawe & Afslaersdienste het verlede week ‘n baie geslaagde internasionale Dorper- & Witdorper veiling op Upington gehou. Dankie Strauss en Deon Klopper was die afslaers.
Die duurste Dorperram is verkoop vir R160 000 deur Nooitgedacht Dorpers van Kenhardt.
Die gemiddeldes was as volg: Dorperramme: R22 497. Wit Dorperramme: R14 200.
Dorper ooie: R8 345. Wit dorper ooie: R10 700.
African Vineyard se Langtafel Ete
GEMSBOK-KANONEILAND: African Vineyard op Kanoneiland se Lang Tafel Ete is die naweek - Saterdagaand, 16 November.
Daar is nog kans om vir jou en jou vriende of jul maatskappy ‘n tafel te bespreek vir dié uithang geleentheid.
Só, maatskappye kry die kans om hul “eie” langtafel saam te stel en hul afskeidsgeleentheid vir die jaar so te vier.
Die program is baie vol en interessant - Kos deur Anel Marais van Kokkedoor van Vuur & Vlam en sjef Jaco van African Vineyard.
“Live” musiek word verskaf Jonelda Van Heerden. Dans met DJ Waldo, Dynamic Vibez. Die jaarlikse kunsuitstalling begin om 16:00 - 18:00.
Na afloop van die kunsuitstalling, sal die gesogte Langtafel Ete om 18:00 begin.
Kaartjies vir die Langtafel Ete is beskikbaar teen R490pp.
Vir besprekings of verdere inligting, kontak Elmarie by 0834611724.