Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Sewe pas gegradueerde veeartse het ‘n 12-maande dienstydperk begin wat toegewy is aan die versterking van dieregesondheidsdienste en die ondersteuning van die Noord-Kaap se noodsaaklike landbousektor.
Die LUR, Mase Manopole, het die 2026-groep van Verpligte Gemeenskapsdiens (GGD) veeartse amptelik ingehuldig.


Die LUR het beklemtoon dat die Noord-Kaap homself steeds posisioneer as ‘n bestemming van keuse vir mediese en veeartsenykundige interns, wat hoëgehalte professionele blootstelling, praktiese veldervaring en ‘n geleentheid bied om landelike en onderbediende veeboerdery- gemeenskappe te dien. 
Hierdie professionele persone sal ‘n kritieke rol speel op die voorpunt van dierewelsyn en biosekuriteit.
Die 2026 Verpligte Gemeenskapsdiens Vee- artsenykundige Ontplooiing is as volg:
• Kimberley – Primêre Dieregesondheids- kliniek:
Dr. Danielle Weenink | Dr. Luchelle Houndsome | Dr. JP Cilliers
• Mothibistad – Seoding Primêre Dieregesondheidkliniek:
Dr. Natasha Swart | Dr. Shawna Anthony
• Prieska – Veeartsenykliniek:
Dr. Tharina Snyman
• Upington – Staatsveeartsenykundige Kantoor:      Dr. Jo-Marie de Waal
Die Departement wens die 2026-kohort ‘n produktiewe, impakvolle en vervullende jaar van diens in die Noord-Kaap toe.