GEMSBOK-UPINGTON: Sers Daniella Modisaotsile is nie net ‘n polisievrou wat elke dag die normale polisiewerk doen nie, sy loop ook die ekstra myl in die samelewing.
Sy en haar man, sers. GE Modisaotsile, sers Wally Crause en kapt Billyboy van Wyk kry gereeld te doen met die wel en weë van straatkinders op Upington.
Sy staan dan ook bekend as “moeder” omdat sy nie net raas nie, maar ook omdat sy haar bemoei met die “kinders”.
Dis dan ook hoekom Danwill Barends ook bekend as Pantosie, hom tot haar gewend het toe sy broer Elrico Barends, wie bekend was as Gons, begrawe moes word.
Gons (Frans Barends) is op 22 November tydens ‘n tref en trap ongeluk op die Oranjerivierbrug (N10) oorlede.
Die twee broers het al ‘n geruime tyd onder die brug gewoon. Hulle is as klein kinders wees gelaat toe albei hul ouers oorlede is en het maar al die jare huisvesting op straat gevind.
Omdat Danwill nie geweet het hoe om die saak te hanteer nie en omdat hy nie sy broer kon begrawe nie en ook omdat Gons al sedert November in die staats forensies gelê het, het hy hom tot sers D Modisaotsile gewend.
Die dood kon nie registreer word nie omdat beide die broers nie oor enige vorm van identifikasie beskik het nie en Danwill het nie geweet hoe om te maak nie
Sers Daniela het hom met die proses gehelp by Dept Binnelandse Sake. Daarna het sy mnr. Igshaan Sulliman genader vir hulp sodat Frans te ruste gelê kan word. Hy het dadelik ingespring en met reëlings begin.
Sy is baie dankbaar teenoor almal wat hulle gehelp het om die laaste eer aan “Gons” te bring.
AVBOB Begrafnis Ondernemers, bygestaan deur pastoor ND Bok, het die begranisdiens waargeneem.
Die graf is voor-sien deur mnr D Kazi (uitvoerende burgemeester).









