GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord-Kaapse Departement van Onderwys is ge-reed om sy Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) Eksamen Nasiensentrums amptelik op Maandag 1 Desember te open, met die openingseremonie wat by Diamantveld Hoƫrskool gehou sal word. LUR vir Onderwys, mnr. Abraham Vosloo, sal die openingseremonie lei, vergesel deur die Direkteur-Generaal van Basiese Onderwys, mnr. Mathanzima Mweli, Waarnemende Departementshoof, dr. Michelle Ishmail, en senior amptenare.
In die Noord-Kaap is altesaam 78 verskillende vraestelle geskryf, en 196 642 antwoordstelle moet nagesien word.
Die volgende personeel is by drie aangewese nasiensentrums aangestel:
916 Nasieners; 186 Senior Nasieners; 85 Hoof Nasieners; 21 Adjunk Hoof Nasieners
85 Interne Moderators; 3 Sentrumbestuurders; 6 Adjunk Sentrumbestuurders
250 Eksamenassistente. Die nasien en vaslegging van punte sal teen 12 Desember voltooi wees.