Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-KURUMAN: Die John Taolo Gaetsewe Distriksdepartement van Onderwys en Kathu Solar Park, het 'n Wiskunde- en Wetenskap-inisiatief by meer as 50 gemeenskapskole ingestel.
 'n Omvattende Wiskunde- en Fisiese Wetenskap-ondersteuningsprogram, in lyn met die KABV-kurrikulum, is tans aan die gang in die Kathu/Kuruman-area, wat nagenoeg 42 000 leerders sal bevoordeel
Na die suksesvolle bekendstelling van hierdie Wiskunde- en Wetenskapprogram, met 'n groot impak in Mei 2023, het die tweede fase van die program aan die einde van verlede jaar begin. 
Tydens die amptelike bekendstellingsgeleentheid, wat in Kuruman gehou is, is IKT-toerusting (inligtingskommunikasietegnologie) aan verteenwoordigers van die betrokke skole, oorhandig.

Read more …Ondersteuningsprogram vir Wiskunde- en Wetenskap geloods

GEMSBOK-NOENIEPUT: Rolspelers  het ’n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) ingedien ná ernstige kommer oor asbesbesmetting by die Laerskool Noenieput-gebou in die ZFM-distrik.
‘n Toesighoudende inspeksie wat laat verlede jaar gedoen is, het bevestig dat kwesbare inwoners in die gebied die gebou beset en ander stroop die skool van materiaal wat vir konstruksie gebruik kan word. 
Hierdie strukture is met asbes besmet en hou ernstige gesondheidsbedreigings in vir die omliggende gemeenskap, veral diegene wat op die perseel woon en diegene wat die skoolinfrastruktuur plunder.
Alhoewel die gebou nie veilig is om as ‘n skool gebruik te word nie, is die versuim deur die onderwys- en paaie- en openbare werke-departemente om regstellende stappe te begin, kommerwekkend. Die gebou moet beveilig word om die verdere verspreiding van asbesbesmetting te keer.

Read more …Asbesskool gevaarlik vir inwoners van Noenieput

GEMSBOK-TOPLINE: Die LUR van Onderwys in die Noord-Kaap, Zolile Monakali, het die Topline Intermediêre Skool in die ZF Mgcawu-distrik besoek, nadat die gemeenskap  die skool gesluit en leerders toegang tot die skool geweier het.
Hulle het die verskuiwing van hierdie skool in die gemeenskap geëis.
Ouers het geweier  dat hul kinders in “‘n onveilige hawe verkeer vir geleerdheid”. 
Daar word aangedring dat ‘n nuwe skool in die woonbuurt gebou word, sodat die leerders veilig kan wees en nie elke dag die lang roete in die 39grade son hoef deur te maak nie. 

Read more …Topline skool onveilig, sê ouers

GEMSBOK-UPINGTON: Oppitongaf is ‘n bekende nasionale platform wat aan skoliere die geleentheid bied om hul sprekervaardighede te ontwikkel.
  Daar word verskillende afdelings van openbare redevoering aangebied, naamlik verskillende tipes toesprake en spanredenaars.
Leerders kan in Engels en Afrikaans deelneem. In al die afdelings word provinsiale wenners aangewys, wat deurding na die nasionale finaal. Dit word gewoonlik by die Midstream College aangebied en is ‘n glansgeleentheid. 
Vorster Venter, die dinamiese mede-eienaar van Oppitongaf, het op 25 Januarie 2024 ‘n spanredenaarskursus by Hoërskool Duineveld aangebied. 

Read more …Spanredenaars opleiding vir leerders

GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord-Kaap het die laaste posisie, uit al die provinsies ingeneem met ‘n 75,8% matriek slaagsyfer.
 Altesaam  183 642 antwoordstelle moes deur 930 nasieners, 82 hoofnasieners en 82 interne moderators by vier nasiensentrums in die provinsie nagesien word. 
Die kwaliteitsversekeraar, Umalusi, het die resultate  gesertifiseer.
Die Noord-Kaap het  13 032 voltydse kandidate vir die 2023 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen geregistreer. 

Read more …So lyk die Noord-Kaap se 2023 matriek uitslae

More Articles …