-
Afriforum dreig met Groen Skerpioene oor vullisterreine
GEMSBOK-WILLISTON: AfriForum het die Williston se plaaslike-munisipaliteit onlangs na ‘n besoek aan die dorp - ernstig gewaarsku om dringend in te gryp by hul vullisterreine.
Die vullisterrein in Williston is in ’n haglike toestand wat op die ou end wesenlike risiko’s vir die gemeenskap se gesondheid en die omgewing inhou.
Ten spyte van ‘n vorige aanmaning oor presies dieselfde klagtes, is Williston se vullisterrein steeds nie behoorlik omhein nie.
-
ZFM kry nuwe bestuurder
GEMSBOK-UPINGTON: Die ZF Mgcawu Distriksmunisipaliteit het verlede week die aanstelling van mev. Samantha Aumaureen Tatas-Titus as die nuwe munisipale bestuurder, met groot opgewondenheid, aangekondig.
Hierdie aanstelling ,met ingang van 1 September 2025, volg op 'n streng werwings- en keuringsproses in ooreenstemming met die Munisipale Stelselswet, 2000 (Wet Nr. 32 van 2000) en relevante regulasies wat die aanstelling van senior bestuurders in munisipaliteite reguleer.
Mev. Tatas-Titus bring uitgebreide ervaring in plaaslike regering, nadat sy as munisipale bestuurder by die Nama-Khôi Plaaslike Munisipaliteit, Hantam Plaaslike Munisipaliteit en Khai-Ma Plaaslike Munisipaliteit gedien het.
-
Russe en NK nou “BVV’s”
Die Noord-Kaap provinsiale regering het verlede week met trots die ondertekening van ‘n mylpaal-vennootskapsooreenkoms met die Republiek van Karelië, Russiese Federasie, aangekondig.
Hierdie vennootskapsooreenkoms is ‘n inisiatief wat ‘n nuwe hoofstuk in die bevordering van handel, belegging en ontwikkelingsamewerking onder die sambreel van BRICS-vennootskapsraamwerke aandui. Hierdie ooreenkoms bou voort op die 2006-Verdrag van Vriendskap en Vennootskap tussen Suid-Afrika en die Russiese Federasie en benut Suid-Afrika se rol binne BRICS om paaie vir inklusiewe ekonomiese groei, innovasie en vaardigheidsontwikkeling te kweek. Die Noord-Kaapse afvaardiging, gelei deur Premier dr. Zamani Saul, saam met die LUR vir Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Venus Blennies-Magage, het in die Republiek van Karelië aangekom en is hartlik ontvang deur die Adjunk-Eerste Minister van Ekonomiese Sake, Mnr. Oleg Alexandrivich Ermolaev, en sy hele kollektief.