Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-WILLISTON: AfriForum het die Williston se plaaslike-munisipaliteit onlangs na ‘n besoek aan die dorp - ernstig gewaarsku  om dringend in te gryp by hul  vullisterreine. 
Die vullisterrein in Williston is in ’n haglike toestand wat op die ou end wesenlike risiko’s vir die gemeenskap se gesondheid en die omgewing inhou. 
 Ten spyte van ‘n vorige aanmaning oor presies dieselfde klagtes, is Williston se vullisterrein steeds nie behoorlik omhein nie.


Afriforum het verskeie omgewingsgesondheid- en terreindienste kwessies by die vullisterrein en probleme met vullisverwydering in die munisipaliteit geïdentifiseer: 
1. Die vullisterrein word nie onderhou of skoongemaak nie. 
2. Daar is ’n tekort aan vullisverwyde-  ringsvoertuie en stootskrapers. 
3. Die gesondheid en veiligheid van die gemeenskap is in gevaar, aangesien die  gemeenskap vullis in oop velde stort omdat die vullisterrein nie funksioneer nie. 
4. Diere karkasse en voertuigbande word ook op die terrein gestort, wat ernstige  gesondheidsrisiko’s tot gevolg het. 
5. Vullis word buite die terrein gestort aan-gesien toegangspaaie ontoeganklik is.
6. Die netwerk van boorgate wat noodsaaklike water aan die gemeenskap voorsien, is in die  direkte omgewing van die vullisterrein geleë. Dit kan tot kontaminasie van water lei, wat baie ernstige gesondheidsprobleme vir gemeenskapslede en die omgewing tot gevolg kan hê. 
“Die vullisterreine het tydens ons vullister- reinoudits in Februarie nie meer as 10% behaal nie. Dit is iets waaroor die munisipaliteite hulle behoort te skaam. Ons het ook die Groen Skerpioene ingelig oor hierdie vullisterreine en die briewe wat ons aan die onderskeie munisipali- teite gestuur het,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder in die Noord-Kaap.. 
 Volgens Strauss het AfriForum ook al op verskeie geleenthede aangebied om saam met die munisipaliteite te werk om oplossings vir die vullisterreine te kry, maar die munisipaliteite blyk nie bereid te wees om oplossings te vind nie.
“Die munisipaliteit laat my geen ander keuse meer - as om die saak nou na die Groen Skerpioene te eskaleer nie.