Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die ZF Mgcawu Distriksmunisipaliteit het verlede week die aanstelling van mev. Samantha Aumaureen Tatas-Titus as die nuwe munisipale bestuurder, met groot opgewondenheid, aangekondig.
Hierdie aanstelling ,met ingang van 1 September 2025, volg op 'n streng werwings- en keuringsproses in ooreenstemming met die Munisipale Stelselswet, 2000 (Wet Nr. 32 van 2000) en relevante regulasies wat die aanstelling van senior bestuurders in munisipaliteite reguleer.
Mev. Tatas-Titus bring uitgebreide ervaring in plaaslike regering, nadat sy as munisipale bestuurder by die Nama-Khôi Plaaslike Munisipaliteit, Hantam Plaaslike Munisipaliteit en Khai-Ma Plaaslike Munisipaliteit gedien het. 


Sy het 'n meestersgraad in bestuur en politieke transformasie van die Universiteit van die Vry-staat, wat haar toerus met beide die akademiese fondasie en praktiese kundigheid om die ZF Mgcawu Distriksmunisipaliteit met visie en integriteit te lei.
Die ZF Mgcawu Distriksmunisipaliteit betuig sy opregte dank aan mnr. Andre Phete, wat se-dert Februarie 2025 as waarnemende munisipale bestuurder dien, vir sy toewyding en leierskap gedurende die interim-tydperk. 
Sy leiding was instrumenteel om operasionele stabiliteit en kontinuïteit te verseker, en die Distriksmunisipaliteit erken sy bydrae tot die handhawing van effektiewe bestuur gedurende  die oorgangsfase.
Mev. Tatas-Titus se onmiddellike prioriteite, as nuwe munisipale bestuurder,  sal insluit die versterking van institusionele bestuur, die bevordering van interregeringssamewerking, die verbetering van die openbare beeld van die Distriksmunisipaliteit en die versekering van die effektiewe implementering van die Distriksmunisipaliteit se gemandateerde funksies soos vervat in die Wet op Munisipale Strukture (Wet Nr. 117 van 1998).
Die Raad van die ZF Mgcawu Distriksmunisipaliteit betuig sy hartlike wense aan mev. Tatas-Titus met haar aanvang van haar ampstermyn en sien met vertroue uit na die positiewe impak wat haar leierskap sal bring.