GEMSBOK-UPINGTON: Upington Swemklub se jong swemster, Liane van Zyl, het op 26 Oktober 2025 geskiedenis gemaak toe sy ’n Noord-Kaapse rekord van 23 jaar by die Flamingo en Good Hope Gala gebreek het.
Van Zyl het in die 50 m vlinderslag vir die meisies 11–12 -kategorie ’n merkwaardige tyd van 32,59 sekondes aangeteken — ’n prestasie wat haar naam in die provinsiale rekordboeke laat verskyn het.
Upington Swemklub sê hulle is uiters trots op Liane en al die swemmers wat die naweek aan die gala deelgeneem het en uitstekend presteer het.
Benewens Liane se rekordbrekende swem, het verskeie ander klublede ook met medaljes huis toe gekom:
* *Mishanie van Jaarsveld:* 1 silwer
* *Marlo Lensing:* 1 goud, 2 silwer, 3 brons
* *Llewellyn Orffer:* 8 goud
* *Tertius Visser:* 1 silwer
* *Liane van Zyl:* 7 goud, 1 silwer
* *Nieke Engelbrecht:* 2 goud, 2 brons
* *Sacha Willemse:* 7 goud
* *Venter van der Walt:* 4 goud, 5 silwer
* *Arno Boshoff:* 1 goud, 3 silwer, 4 brons
* *Mieke Boshoff:* 1 goud, 6 silwer
* *AJ van Zyl:* 2 goud, 1 silwer, 2 brons
* *Lawrence Kock:* 2 silwer, 2 brons
* *Danie Vollgraaff:* 2 goud, 3 silwer
* *Viljoen Husselman:* 1 silwer
* *Lombard Husselman:* 1 silwer
Die klub se afrigters en bestuur het almal gelukgewens met die *uithouvermoë, sportmangees* en *toewyding* wat elke swemmer tydens die byeenkoms getoon het.









