Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

KURUMAN: ‘n Suksesvolle samewerkingspoging tussen die Noord-Kaap en Noordwes-polisie het gelei tot die arrestasie van drie verdagtes in verband met ‘n moord wat op 1 Junie 2025 in Kuruman plaasgevind het.
Daar word beweer dat ‘n 38-jarige man noodlottig by Seoding Blok A geskiet is.
Na ‘n intensiewe ondersoek het lede van die Noord-Kaapse Misdaadintelligensie, in samewerking met Misdaadintelligensie in die Noordwes-provinsie, die Mahikeng Taktiese Reaksiespan en die Vryburg Openbare Orde-polisie, ‘n gekoördineerde, intelligensie-gedrewe operasie in Ganyesa in die Noordwes-provinsie van stapel gestuur.


Die operasie het plaasgevind tussen die aand van Maandag 23 Junie 2025 en die vroeë oggendure van Dinsdag, 24 Junie 2025.
Drie manlike verdagtes, onderskeidelik 28, 32 en 33 jaar oud, is in hegtenis geneem.
Die span het ook onwettige vuurwapens en ammunisie in hul besit teruggevind.
Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn en die ondersoek duur voort.
Die Noord-Kaapse Provinsiale Kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola, het die uitstekende samewerking tussen die twee provinsies geprys en die kritieke rol van interprovinsiale samewerking genoem om te verseker dat ge-regtigheid geskied en dat individue wat verantwoordelik is vir ernstige en geweldsmisdade aanspreeklik gehou word.