Die Noordwes BCVO skaak- en landloopkampioenskappe het plaasgevind by Marico CVO in Groot-Marico. Die leerlinge van CVO-skool Lichtenburg het puik presteer en verskeie plekke behaal. Die BCVO SA’s vind dan ook plaas op 3 Oktober in Orania. Voor is Jadrian Schlebusch (derde plek seuns o/8 landloop), Joshua van der Westhuizen (eerste plek seuns o/7 landloop en eerste plek o/7 skaak), SJ van der Westhuizen (tweede plek seuns o/7 landloop en tweede plek o/7 skaak), Hanna Schlebusch (tweede plek dogters o/9 landloop en tweede plek o/9 skaak) en Chelista Nel (derde plek dogters o/10 landloop.
Lika skitter by Winter Festival
Die naweek van 24 tot 27 Julie, het Lika Martens Du Preez Prag Fries Stoet verteenwoordig by die Toyota Friesian Winter Festival 2025 in Parys (Vrystaat). Lika is ‘n leerder van Laerskool Burgersdorp. Sy verower ‘n Kampioenskap, twee Reserwe Kampioenskappe en derde plek. Baie geluk.
Liggies wen hokkie in Klerksdorpsirkel
Laerskool Lichtenburg se tweede hokkiespan is die wenners van die Klerksdorpsirkel in die Kenneth Kaundastreek. Hulle is agter van links: Lisa Weber, Miya Hendriks, Limari Brit, René Aspeling (afrigter), Diné du Plessis, Chrizane Smit, Lesego Suping, Roe-Ané J. van Rensburg (afrigter), Miandri Schroeder en Zeldri Killian. Voor is Helené Henderson, Kaylie Aspeling, Nenieke de Beer, Kayleigh Roode, Inge Hesse en Anelleri Lombaard (doelwagter).
Nasionale Sewestoernooi wink vir Burgies
Michael Bondesio en Rea Tsetse van Laerskool Burgersdorp is opgeneem in die o/12 Luiperds-sewesgroep wat gedurende die vakansie aan die Nasionale Sewestoernooi gaan deelneem.
Afrimat Lichtenburg Rolbalklub
Afrimat Rolbalklub het onlangs ‘n prysuitdeling gehad en ook algemene jaarvergadering gehou om die nuwe bestuur te verkies: Schalk van der Merwe (president), Hannes Kruger (vise-president), Johan Buitendag (tesourier), Marthina Wessels (sekretaresse), Ronel Olivier (kompetisie-sekretaresse), Marthina Wessels (addisionele lid) en Harry Herbst (perkopsigter).








