Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
18
Sat, May

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-KURUMAN: Die Kurumanstreekhof het ‘n 32-jarige Noord-Kapenaar skuldig bevind aan gewapende roof en hom tot 28 jaar tronkstraf gevonnis.


Volgens sersant Merapelo Pilane, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, is ‘n winkeleienaar in Wyk 10, Kuruman, die middag van 17 Februarie 2022 deur vier mans gekonfronteer wat hulle as klante voorgedoen het. Hulle het ’n vuurwapen op die winkeleienaar gerig en hom van geld, selfone en sigarette beroof.  Hulle het hom toe na sy slaapkamer geneem om na nog geld te soek. Gelukkig het die slagoffer daarin geslaag om hulp van sy bure te ontbied, wat gereageer en hom bygestaan het. Drie van die verdagtes het met geld en gesteelde items uit die winkel van die toneel gevlug. Die polisie is in kennis gestel en die beskuldigde is daarna in hegtenis geneem. Pilane het gesê dat sersant Eunice Ngono en konstabel Mpumelelo Maruping van die Noord-Kaapse provinsiale eenheid vir ernstige en gewelddadige misdade “die saak onvermoeid ondersoek en verseker het dat die beskuldigde aan die hof gebring is”.Kgaje is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis vir roof met verswarende omstandighede, 10 jaar vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ses jaar vir die onwettige besit van ammunisie. Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit. Die vonnisse sal samelopend uitgedien word.