Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
09
Fri, May

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Ter viering van ’n eeu van Afrikaans as amptelike taal, maak FEDSAS dit nou vir gebruikers van Afrikaans selfs makliker om na die letter van die (onderwys) wet op te tree. 
Die 2025-weergawe van die publikasie FEDSAS Sakpaswette: Skoolbeheer en die Reg vat al die belangrikste skoolwette en -regulasies op een plek, én in Afrikaans, saam. “Ons doelwit is om wetgewing, beleid en regulasies toeganklik te maak. Hierdie Sakpaswette is daarom FEDSAS se geskenk aan Afrikaans,” sê dr. Jaco Deacon, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole. FEDSAS is ’n amptelike vennoot van die Afrikaans 100-veldtog, ’n jaarlange veldtog wat opbou tot Afrikaans se amptelike verjaardag op 8 Mei vanjaar.

Deacon sê FEDSAS het in 2009 met die uitgewer Juta hande gevat om wetgewing, beleid en regulasies met betrekking tot onderwys in ’n gerieflike en gebruikersvriendelike sakpasformaat saam te vat. FEDSAS het verantwoordelikheid vir die Afrikaanse weergawe aanvaar en behartig die vertaling op eie onkoste. “Die regstegniese vertaling is ’n reusetaak. Dit is egter ’n noodsaaklike hulpbron vir skole, skoolbeheerliggame en ander onderwysrolspelers. Die 2025-weergawe bevat al die nuwe beleid en regulasies, insluitend die wysigings in die Suid-Afrikaanse Skolewet soos bepaal deur die Bela-wet, asook die Wet op die Indiensneming van Opvoeders.” Deacon sê FEDSAS ontsluit só soms moeilike en tegniese dokumente in Afrikaans om skoolbeheer en -bestuur te bevorder. “Ons is egter ook trots op die bydrae wat ons hiermee tot die hoërorde-funksies van Afrikaans as ampstaal maak.”