Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
03
Sat, May

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-KATHU: Die nuutverkose bestuur van AfriForum se Kathu-tak het hul prioriteite duidelik uitgespel en wil hul fokus plaas op vullisterreine wat nie aan minimum vereistes voldoen nie, die voortdurende kragprobleme wat die dorp lamlê, en die talle straatligte wat buite werking is. 

Die nuwe bestuur is op 11 Maart tydens ‘n vergadering in Deben verkies en verteenwoordig die gemeenskappe van Deben, Olifantshoek en Kathu. Die lede van die bestuur is: Johan Snyman (voorsitter), Heinrich Nortje (ondervoorsitter), Annatjie Snyman (sekretaris), Elanie Nortje (tesourier), Marius de Klerk (veiligheid), Jan-Daniël Cruywagen (plaaslikeregeringsake), Hennie van der Merwe (omgewingsake), Dewald van Vuuren (projekte), Yolandi van der Merwe (toerisme) en Johnrich Nortje (jeug). Hierdie span is gereed om AfriForum se verbintenis tot die gemeenskap, deursigtige leierskap en proaktiewe betrokkenheid by plaaslike kwessies voort te sit. 
“Die bestuurspan is daartoe verbind om die waardes en beginsels van AfriForum te handhaaf, deursigtigheid te bevorder en te verseker dat die stem van die plaaslike gemeenskap sterk bly. 
Ek is opgewonde om saam met dié span ‘n verskil in my gemeenskap te maak,” sê Johan Snyman, die nuwe voorsitter van AfriForum se Kathu-tak.