Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
03
Fri, Oct

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-STELLA: Sumari Brand van der Linde, ’n onderwyseres aan Hoërskool Stella in die Vryburg-omgewing, het onlangs groot akademiese erkenning ontvang toe een van haar navorsingshoofstukke in die African Journal for Physical Activity and Health Sciences gepubliseer is. 
Sumari het reeds in 2019 haar Meestersgraad voltooi met die studie getiteld: “Position-specific characteristics for elite adolescent male rugby players in the North West province.” Die navorsing het gefokus op o/15-, o/16- en o/18-rugbyspelers, en watter antropometriese, fisiese en motoriese eienskappe noodsaaklik is vir spelers in verskillende posisies om as swak, gemiddeld of bo-gemiddeld geklassifiseer te word. In die tweede kwartaal vanjaar is sy deur ’n akademiese joernaal genader om een van haar hoofstukke te publiseer.

Ná ’n paar aanpassings is die artikel aanvaar en in September 2025 onder die titel “Position-specific physical and motor characteristics of elite adolescent male Rugby Union players in the North West province, South Africa” gepubliseer. Sumari rus egter nie op haar louere nie en is tans besig met haar PhD-studie, wat sy beoog om in 2027 in te dien. Hierdie navorsing fokus op vrouerugby in Suid-Afrika, met ’n spesiale klem op 7’s rugby.