Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BONUS - RUSTENBURG - Die Suid-Afrikaanse Onderwys Unie (SAOU) het die aanstelling van die Nasionale Onderwys en Opleidingsraad (NOOR) verwelkom en sien dit as ‘n stap in die regte rigting. 
Minister Siviwe Gwarube se bekendstelling van die raad met kundiges soos Penny Vinjevold (voorsitter), Prof Kobus Mentz, dr Gabrielle Wills en Marie-Louise Samuels, onder andere, bring ‘n leeftyd van ervaring, kennis en kundigheid na die projek. 

Die SAOU het vantevore kommer uitgespreek oor die gebrek aan kundigheid en kennis wat die stelsel in terme van beleid en wetgewing, sowel as sistemiese beplanning in die regte rigting kan stuur. Hierdie raad sal die nodige beleidsinsette tot die aktiwiteite van die Departement van Basiese Onderwys toevoeg om te verseker dat, in tye van kritiese inperking op begrotings die keuse van projekte sowel as die implementering daarvan tot die beste uitkomste sal lei.
Voorsiening vir die raad bestaan vir dekades al in wetgewing. Die daargestelde fokus op verbetering van skoolhulpbronne, assessering, vordering en bevorderingvereistes, die administratiewe lading op onderwysers en ‘n groter fokus op fundamentele vaardighede is van die kernaspekte wat tans oorweeg moet word.
Kommer bestaan egter steeds oor die oorlading van die kurrikulum vir grade 4 tot 9 en die volhoubaarheid van programme wat in die kurrikulum ingevoer word.
Die SAOU wens die NOOR alle sterkte met hierdie taak toe en vertrou dat die uitkoms van die beraadslaging ‘n meer volhoubare en stabiele toekoms vir die onderwysstelsel vorentoe sal inhou.