Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – BUHRMANSDRIF - Die eerste van sy soort in Noord-Wes. Watter wonderlike geleentheid is dit nie. Aan die Brand ministery hou ‘n interkerklike Kuns, Krag en Gospelfees van 8:30 tot 17:00 op Saterdag 27 April. 
Hierdie geleentheid is om die gemeenskap te laat deel in die Evangelie van Christus op ‘n lewendige en spontane manier. Die wins gaan direk na Burhrmansdrif Laerskool se “Oop Harte” projek.
Die sprekers is die alombekende Rooies Strauss. Op sy eerlike en reguit manier deel hy op ‘n wonderlike wyse die werke van God in sy lewe. Sy seun, Andrus Strauss is ook ‘n spreker en gospelsanger.

Vir die jonger geslag is die Strongman for Jesus (Johan Els) daar. Hy demonstreer sy krag in die fisiese, en ook in die Gees. Waarlik ‘n belewenis. Nelda Mouton, nie ‘n onbekende in die omgewing nie, sy gaan gesels oor poorte, deure en sleutels. Jy sal nooit weer dieselfde manier na ‘n sleutel of ‘n deur kan kyk nie. God is kragtig aan die werk in Buhrmansdrif gemeenskap en Rouvain du Preez van Christen Lewe Gemeente, Lichtenburg is ook ‘n ou bekende en aan die brand vir Christus. Mee en Lee, die van Spear International, kom spesiaal om die kinders te vermaak.
Dis nie al nie – daar gaan ‘n verskeidenheid stalletjies wees wat unieke geestelike inspirasie gaan bied. Dit sluit in: parfuum, olies, juwele, kos stalletjies, klere, skoene, vermaak vir kinders ens. (min of meer 50 stalletjies).
Hierdie is die eerste en uniekste geestelike uitreik in die omgewing. Ons nooi almal – oud en jonk, om te kom deel in die sprekers se wysheid, die gospelsangers, die interessante kuns en kos stalletjies en die ander eiesoortige gebeurtenisse van die dag. Toegang is slegs R20 per persoon en kinders onder 6 jaar gratis. Kontak persone, Janel le Roux op 076 558 8378 of Christa Jordaan op 076 621 4398 vir meer inligting.
Donasies sal hoog op prys gestel word. Bring familie en vriende en kom ondersteun Buhrmansdrif gemeenskap. Like gerus ons Facebook page om op hoogte te bly van die dag se gebeure.