Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER - LICHTENBURG - Watter waarde het Menseregtedag hoegenaamd wanneer dit sonder selfs die mees basiese vorm van dienslewering gepaard moet gaan? 
In Lichtenburg (Ditsobotla) hou die voortslepende gebrek aan munisipale dienste rondom basiese beskerming, veiligheid, welstand van gemeenskappe, onderwys, gesondheidsorg, elektrisiteit, waterverskaffing, vullisverwydering, verweerde, onrybare paaie en behuising nou al vir etlike maande aan.  Hierdie vullistrok staan die afgelope paar weke reeds op presies dieselfde plek met dieselfde vrag vol vullis.

Skynbaar word die vullis effens “minder” namate dit weens die versengende hitte “wegbrand”/smelt, “verdamp” of soos dit weggedra word. ‘n Ander vullistrok word blykbaar by ‘n werkswinkel herstel terwyl ‘n derde/die ander trokke eenvoudig skoonveld is. Boonop word inwoners nie formeel in kennis gestel oor die toedrag van sake nie. Op 4 Maart, weke nadat vullisverwydering skynbaar gestaak is, is daar op sosiale media gesê dat die munisipaliteit se vullistrokke meganiese probleme ondervind en dat geen dienste gelewer kan word nie. Inwoners sou kwansuis in kennis gestel word wanneer dienste hervat kon word, maar vergeefs. Baie inwoners het boonop ‘n probleem met die feit dat daar slegs per sosiale media en slegs in Engels met die gemeenskap gekommunikeer word wat natuurlik tot talle onduidelikhede lei? Intussen is die “berge” vullis besig om by die dag groter te word. Inwoners van Lichtenburg/Ditsobotla is inderdaad met die hande in die hare - wanneer gaan dit eindig?