NOORDWESTER- LICHTENBURG - Coligny Sportklub het ‘n heerlike en gesellige rolbalaand aangebied ten bate van Najaarsrus Coligny.
Baie dankie aan die donateurs en ondersteuners wat Najaarsrus getrou bystaan. Die bestuur waardeer elke een.
Die inwoners van Najaarsrus is innig dankbaar en gaan baie baat vind uit die aand, so word daar vir die bejaardes gesorg met ‘n omgee-rolbalgroep en omgee-mense.









