STELLALANDER-WILDEHONDEPAN: Onder die tema “Ons kinders, ons toekoms” het die vrouens van Houmoed VLU onlangs Laerskool Wildehondepan besoek vir ’n kreatiewe en hartverwarmende projek. Slegs die voorskool-, graad R- en graad 1-leerders het aan die projek deelgeneem, waar elke kind ’n mussieprent ontvang het om in te kleur.
Die prente was kleurvol, uniek en het elkeen se verbeelding weerspieël. Daarna het die VLU-lede die kinders se ontwerpe tot lewe gebring deur die mussies volgens hul eie patrone te brei en te hekel.
Op 4 November is die voltooide mussies met groot blydskap aan die jong leerders oorhandig, saam met ’n lekkergoedpakkie as ’n spesiale bederf. “Ons kinders is ons toekoms,” het een van die VLV-lede gesê. “Met hierdie projek wou ons wys dat elke kind iets besonders kan skep uit sy of haar eie verbeelding.”