Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
13
Thu, Nov

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Deur ’n ongelooflike daad van moed het die 55-jarige Doreen Ngakanyane van Vryburg ’n gewelddadige aanval oorleef toe sy op Vrydag, 31 Oktober deur ’n onbekende man met ’n mes in Galvinstraat, Vryburg oorval is. 
Doreen was omstreeks 17:00 oppad om ’n hoender te gaan haal wat sy gekoop het, toe ’n jong man met kort dreadlocks, ’n langmou-hoodie, kortbroek en ’n tatoeëermerk op sy kuit skielik van agter op haar afgestorm het. Hy het ’n groot slagtersmes in die lug gehou en haar beveel om saam met hom in die bosse in te gaan. 
“Ek het vir hom gevra of hy my wil verkrag of doodmaak,” vertel Doreen. “Toe raak hy net meer kwaad en gryp my aan my arm om my in te sleep.” Maar Doreen het haar nie laat onderkry nie. Sy het teruggeveg, haar voete geplant en teenkanting gebied. Toe die aanvaller haar probeer grond toe dwing, het sy hom aan die arm beetgekry om te keer dat hy haar met die mes steek.

In die gewoel het sy hom hard aan die wang gebyt. “Ek het net bloed en baardhare in my mond geproe,” vertel sy. “Hy het begin skree en toe in die veld ingevlug.” ’n Wit voertuig met ’n vrou en haar kind het op daardie oomblik by die Gert Lubbe-sportgronde opgedaag en Doreen te hulp gesnel. Hulle het die polisie gekontak, maar volgens Doreen is sy meegedeel dat daar nie onmiddellik ’n voertuig beskikbaar was nie. ’n Terugbelfoonoproep wat belowe is, het nooit gevolg nie. Die volgende oggend het Doreen na die Colridge-kliniek gegaan vir HIV-toetse, omdat sy die aanvaller gebyt het, en daarna na die Vryburg-polisiekantoor om ’n kriminele saak te open. Die polisie het bevestig dat ’n saak van aanranding geopen is en dat die voorval verder ondersoek word. Doreen sê sy is ewig dankbaar teenoor die onbekende vrou in die wit voertuig wat haar ná die aanval gehelp het. “As sy nie daar gestop het nie, weet ek nie wat van my sou geword het nie,” sê Doreen met trane in haar oë.