STELLALANDER-TLAKGAMING: Die boere van Leniesdeel en Tlakgaming het op Woensdag, 30 Oktober, vir die 10de agtereenvolgende jaar hande gevat om die Leniesdeel Vetveeskou aan te bied, ’n trotse mylpaal vir hierdie gevestigde landbouverenigings.
Die geleentheid het by die Tlakgaming Boeresaal en veilingskrale plaasgevind en was, soos elke jaar, ’n groot sukses met uitstekende deelname en puik uitslae. Volgens die organiseerders was die gehalte van die vee vanjaar van die beste in jare, en produsente het hul diere met trots vertoon.
Die skou het weereens die hoë standaard van beesboerdery in die Vryburg-distrik onderstreep. ’n Hoogtepunt van die dag was die Enkel Kampioen Karkas “Aan die Haak”, waar Ottawa Ranches van Niel Harvey en Niel Fourie met ’n uitmuntende 96.18 punte die eerste plek behaal het. “Ons is ongelooflik trots op al ons vertoners, borge en lede wat jaar na jaar hierdie skou ondersteun,” het die organiseerders gesê. “Dis hierdie samewerking wat maak dat die boerderygemeenskap sterk bly staan.”
Op die Hoef uitslae is as volg: Enkel kampioen: 1. Owen Taute, 2. Muller Fourie, 3. Buckridge Bonsmaras, 4. Ottawa Ranches en 5. Owen Taute.
Kampioen Groep: 1. Owen Taute, 2. Ottawa Ranches, 3. Buckridge Bonsmaras, 4. Owen Taute en 5. Aberfield.
Klas A: 1. Aberfield, 2. Buckridge Bonsmaras, 3. Aberfield, 4. Brown Estates en 5. Ottawa Ranches. Klas B: 1. Ottawa Ranches, 2. Owen Taute, 3. Brown Estates, 4. Tlakgameng Bonsmaras en 5. Tlakgameng Bonsmaras. Klas C: 1. Buckridge Bonsmaras, 2. Owen Taute, 3. Buckridge Bonsmaras, 4. Brown Estates en 5. Owen Taute. Klas D: 1. Owen Taute, 2. Muller Fourie, 3. Gert en Thea Coetzee, 4. WJA Beefmasters en 5. Tlakgameng Bonsmaras
Super Os: 1. Theunissen Broers, 2. Tlakgameng Bonsmaras, 3. Aberfield, 4. Theunissen Broers en 5. Theunissen Broers.
Aan die Haak uitslae is as volg: Enkel Kampioen: 1. Ottawa Ranches, 2. Owen Taute, 3. Aberfield, 4. Aberfield en 5. Ottawa Ranches.
Kampioen Groep: 1. Ottawa Ranches, 2. Aberfield, 3. Owen Taute, 4. Aberfield en 5. Ottawa Ranches
Super Os: 1. Aberfield, 2. Theunissen Broers, 3. Theunissen Broers, 4. Theunissen Broers en 5. MJG Boerdery.
Met groot geesdrif, sterk deelname en ’n hegte samewerking tussen boere en besighede, het die 10de Leniesdeel Vetveeskou gewys dat die plaaslike landbougemeenskap springlewendig is, en met trots boer vir nog vele jare vorentoe.









