Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
30
Thu, Oct

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-WOLMARANSSTAD: Die Houmoed VLU-tak het onlangs ’n betowerende oggend by ’n pragtige kwekery in Wolmaransstad deurgebring as deel van hul landbou- en tuinbouvergadering. Onder ’n helder son en tussen bont blomme het die dames die geleentheid geniet om saam te kuier, te leer en inspirasie te put uit die natuur om hulle. 
Sarie van den Berg, eienaar van die kwekery, het haar inspirerende lewensverhaal met die groep gedeel. Ná jare in die onderwys het sy ’n nuwe roeping gevind in tuinbou, wat volgens haar nie net plante laat groei nie, maar ook mense. “Tuinmaak gee jou tyd vir jouself, voed jou siel en help jou om stres te verlig,” het sy verduidelik.

Sy vertel verder hoe die kwekery haar lewe verander het: “Ek het weer iets bereik, nuwe mense ontmoet en vriende gemaak. Plante praat met jou, hulle leer jou geduld en gee jou hoop.” Met ’n glimlag voeg sy by: “You can’t stop the waves, but you can learn to surf.” Die oggend is afgesluit met die bekendstelling van die nuwe spokies vir 2026, altyd ’n hoogtepunt op die Houmoed VLU-kalender en ’n geleentheid vol opgewondenheid en lag. ’n Hartlike dankwoord gaan aan Beter Brokers vir hul ondersteuning, borgskap en gasvryheid. Die dames is bederf met heerlike verversings en ’n warmte wat die gemeenskapsgees van die dag perfek aangevul het. Die Houmoed VLU staan steeds as ’n plek waar vriendskappe blom, kennis groei en elke lid die kans kry om iets nuuts van haarself te ontdek, met die natuur as inspirasie en vriendskap as fondament.