Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
03
Fri, Oct

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER - VRYBURG: Op Vrydag, 19 September, het Ramblers Tennisklub in Vryburg die hartsnare van jong tennisliefhebbers laat sing tydens ’n sosiale tennisaand vir junior spelers. 

Van 17:00 tot 20:00 het byna 40 spelers tussen agt en 17 jaar die bane met entoesiasme en energie gevul. Die aand het nie net oor tennis gegaan nie, musiek het die atmosfeer lewendig gemaak, en pizza, geborg deur Debonairs Pizza Vryburg, het gesorg vir vrolike gesigte en vol maagies na die wedstryde. Die kombinasie van sport, vriendskap en lekker eetgoed het die perfekte resep vir ’n gesellige aand gebring. Ramblers Tennisklub herinner dat die pret nie hier stop nie. Op 25 en 26 Oktober kry die juniors weer die kans om hul vaardighede te wys tydens die Ramblers Rainbow Kids TSA-toernooi, oop vir o/9- en o/10-spelers. Inskrywings kan op SportyHQ gedoen word. Die klub sien uit na nóg ’n dag van hardlopende spelers, vrolike juigkrete en die opbou van tennisgees onder die jongste generasie.