Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
03
Fri, Oct

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Rusoord Ouetehuis het Woensdag, 24 September, ’n gesellige en suksesvolle potjiekoskompetisie aangebied ten bate van sy inwoners. 
Agt dapper kokke het hul kulinêre vaardighede ten toon gestel en heerlike potjiegeregte voorberei. Beoordelaars Christel Steyn, Tjaard Steyn, Elize Visagie en Conrad du Toit het die moeilike taak gehad om die wennerpot aan te wys. Die dag is suksesvol bestuur deur die organiseerders Annette Pretorius, Nicky van Staden, Elize Visagie, Marietha van Aarde en Cora van den Berg, met Cora wat die tombolatafel hanteer het.

Musiek is voorsien deur Dirk Grobler, wat sorg gedra het vir ’n gesellige atmosfeer terwyl die potte prut. Daar was ook worsbroodjies, koeldrank en water beskikbaar vir die besoekers. Die Voortrekkersspan het die prys vir die beste stalletjie verower, terwyl Halsted se stalletjie die beste gees van die dag getoon het. In die potjiekoskompetisie het Tobie Wiese en George Hayward derde plek behaal, terwyl Wessel Kriel en Danie Pretorius tweede plek ingeneem het. Die algehele wenners van die Potjiekoskompetisie 2025 is Stefaans Engelbrecht en Marius van Zyl. Rusoord Ouetehuis spreek sy dank uit teenoor almal wat bygedra het tot die sukses van die dag en die versterking van fondse vir die inwoners van die ouetehuis.