Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
15
Tue, Jul

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-SANNIESHOF: Die dorpe Sannieshof en Ottosdal verkeer in ’n ernstige infrastruktuurkrisis, met rou riool wat strate en erwe in Sannieshof oorstroom, terwyl Ottosdal-inwoners sonder water moet klaarkom. 
AfriForum het die Tswaing Plaaslike Munisipaliteit in twee afsonderlike briewe gewaarsku oor die krisisse en dringende optrede geëis.

 

Volgens AfriForum het swak instandhouding van Sannieshof se sinkslote (French drains) daartoe gelei dat rioolwater in inwoners se tuine opstoot, plaveisel beskadig en selfs strukturele skade aan eiendom veroorsaak. “Die toestande is haglik en onaanvaarbaar,” sê JP Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland. In ’n brief op 24 Junie het AfriForum gevra dat die munisipaliteit nie net die probleem aanspreek nie, maar ook oplossings aanbied om herhaling te voorkom. Sannieshof staar boonop waterprobleme in die gesig weens vervalle infrastruktuur, ’n situasie wat lewensgehalte ernstig beïnvloed. Intussen sukkel Ottosdal steeds met watertekorte wat glo spruit uit probleme met die dorp se watervoorsieningspompe. In ’n brief gedateer 30 Junie het AfriForum opnuut ’n beroep op die munisipaliteit gedoen om dringende herstelwerk te doen en tydelike oplossings in plek te stel. “AfriForum sal nie ophou druk uitoefen totdat die munisipaliteit sy pligte nakom en dienslewering aan inwoners herstel nie,” beklemtoon Nel. Hy moedig ook inwoners van beide Sannieshof en Ottosdal aan om by AfriForum se plaaslike strukture betrokke te raak, sodat daar gesamentlik aan volhoubare oplossings gewerk kan word.