STELLALANDER-VRYBURG: Die Vryburg Karate Centre het die verlede naweek groot sukses behaal tydens ’n seminaar en internasionale gradering wat by TO Strand aangebied is. Marichelle Botha en Gofa Mothusi het uitstekende werk gelewer en elk hul derde dan verwerf, ’n besondere mylpaal in hul karate-loopbane.
Sensei Gert van Niekerk het verder ook sy internasionale B-beoordelaar (B Judge) kwalifikasie ontvang. Lizamarie van Niekerk het uitmuntend gevaar deur al haar gevegte te wen, wat haar as een van die naweek se sterk presteerders uitlig. Die graderings is gelei deur Taniyama Shihan, wat spesiaal vanaf die hoofklub in Tokio, Japan afgereis het. Ook teenwoordig was Shihan Johan La Grange, wat die span ondersteun het. Die Vryburg Karate-sentrum is trots op al sy lede se harde werk en toegewyde voorbereiding, wat weereens wys dat plaaslike talent op internasionale vlak kan meeding.









