STELLALANDER-VRYBURG: Die Vryburg Rugbyklub het sy bestuur en afrigtingspan vir die 2026-seisoen bekend gemaak.
Die bestuur bestaan uit Mack van der Merwe as erepresident, met Paul Maree as president en Chris Botma as visepresident. Ettienne Starke dien as voorsitter, terwyl Carien Broodryk as visepresident en sekretaris aangestel is. Hester Scholtz beklee die pos van hulpsekretaris en Donnie Pietersen is die klub se tesourier. Renier Pienaar is as klubkaptein aangewys, met Zander Ackerman as spelersverteenwoordiger.
Die afrigtingspan bestaan uit Sokkie Bosch as hoofafrigter en BF van Staden as hulpafrigter. Louw Hechter dien as spanbestuurder. Bykomende bestuurslede is Anne Marie Ackerman en Marius Klopper, terwyl Francois Pretorius die klub verteenwoordig by die Sport- en Ontspanningsunie. Die klub se oefeninge vind elke Maandag en Woensdag om 18:30 op die Gert Lubbe-sportterrein plaas.
Die volgende vriendskaplike wedstryde is vir Februarie geskeduleer:
14 Februarie: teen Sishen (weg)
21 Februarie: teen Kuruman (weg)
28 Februarie: teen Hartswater (tuis in Vryburg)
Die bestuur nooi ondersteuners en gemeenskapslede om die span gedurende die seisoen te ondersteun.









