Die plaaslike tak van Solidariteit Helpende Hand het die afgelope Saterdag, 8 November, "Die waarde van dienende vroue" gevier tydens 'n damestee by die NG-kerk Proteapark. Die program het daarop gefokus om vroue wat in die gemeenskap dien, te bedank en te bemoedig vir die take wat hulle verrig - sonder om terug te verwag.
"Dít is die hart van haar diens. Nie die groot, sigbare dinge nie, maar die klein, stil dade wat die wêreld bymekaar hou," het gasspreker, Suzette Oosthuizen, na afloop van die funksie opgemerk.









