Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Kosh Kids se jaarlikse Kersboom het die afgelope naweek by die Portugese Saal plaasgevind en honderde kinders wat vooraf gekies is om aan die spesiale Kersboom deel te neem, kon na hartelus speel en is huis toe met kospakkies en geskenke. Twee plaaslike skoonheidskoninginne, Michaela Chatwind en Mckenzie Viljoen, het saamgekuier en hul opwagting op ‘n hotrod saam met Kersvader gemaak. Foto verskaf.

 

 

 

 

 

Klerksdorp Record, Klerksdorp - Orkney and Klerksdorp Animal Shelter will present a dog show at Pick n Pay Hyper Stalls Market on November 25.

The market starts at 08:00 until 13:30 and more stalls are still avai-lable. Entries for the dog show starts at 09:00 with the show starting at 10:00. The raffle ticket draw will take place at 13:00.

According to Diane Jacobs, operations manager, the shelter has a huge need for dog food. The entry fees is R20 per dog per category. All dogs must be on a leash/lead.


Read more …Show off your dog at market day

Die B Gallery het verlede week die laaste kunsuitstalling van die jaar geopen met ‘n huldeblyk aan Namakwaland. Kunstenaars en fotograwe wat die blommetoer meegemaak het, het hul werk uitgestal. Dit was ook ‘n lekker reünie vir die groep om weer saam te kuier. Roosterkoek en konfyt was op die spyskaart. Die uitstalling duur nog tot Desember.



Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Gaste by die Klerksdorp Boekefees was verras met die verskyning van die jong operaster Amira Willighagen by die fees.

Amira was daar om die Zenobia #leef-liefde-prys te ontvang wat jaarliks op die boekefees in die stad aan iemand toegeken word wat ‘n verskil in hul gemeenskap maak. As ‘n kersie op die koek het sy die hele gehoor genooi om saam met haar Nkosi Sikelel’ iafrika te sing. ‘n Hoendervleis oomblik vir almal teenwoordig en ‘n gepaste manier om die boekefees op Saterdag 4 November af te gesluit het.

Die Nederlandse sangeres het op negejarige ouderdom die televisie-talentkompetisie Holland’s Got Talent gewen. Sy woon nou in Potchefstroom en het die stigting Gelukskinders begin waarmee speelparke vir kinders in minderbevoorregte gemeenskappe opgerig word. “Dis eintlik ‘n kind se werk om te speel. Ek dink veral ‘n mooi land soos Suid-Afrika moet dit vir ‘n kind vanselfsprekend wees om te speel. Dis nie ‘n luukse nie, dis noodsaaklik,’’ het sy gesê.

Read more …Sangeres vereer by Klerksdorp boekefees

More Articles …