Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die gesin, familie, vriende en werknemers van Jan “Assie’’ van Aswegen, eienaar van Vaal Maseru, het
die week afskeid geneem van ‘n formidabele man.
Assie is op Woensdag 15 Mei in sy slaap oorlede. Hy was 72 jaar oud. Volgens sy jongste dogter, Liesl Bronkhorst was hy rustig by die huis omring deur sy geliefdes waar hy wou wees. “Ons het geweet hy is siek en dat die dag nader kom, maar ons het nie verwag dat dit so vinnig sou wees nie. Hy los ‘n enorme leemte, en ons gaan hom geweldig mis, maar ons gun hom die ewige rus,’’ het sy gesê.