Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - One of the victims in the shootout during an armed robbery at a housing complex in Doringkruin this past weekend did not even realise he was wounded in the leg.
Only when paramedics arrived and someone noticed blood dripping from Luan Lauwrens’ leg did he realise he was injured. The shootout in the early morning hours of Saturday February 24 made waves on social media, especially when CCTV footage of the incident started circulating.
Stad se polisiehoof tree af
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die laaste weke van brigadier Neville Seymour se polisieloopbaan het hy daaraan spandeer om dankie te sê.
Dankie en erkenning vir harde werk. Want dit is met ‘n hart van dankbaarheid dat Klerksdorp se stasiekommissaris op Donderdag 29 Februarie sy kantoordeur vir die laaste keer agter hom gaan toemaak.
Sy aftrede was eintlik vinniger op hom as wat hy gedink het, glimlag hy. Nie dat hy spyt is nie. Op 60 is dit tyd na ‘n loopbaan van 42 jaar in die polisie. ‘n Loopbaan wat nie altyd met rose besaai was nie, en ook maar sy dorings op die pad gehad het.
Traffic cop shoots fleeing suspect
Klerksdorp Record, Orkney - Police in Orkney are investigating a shooting in the industrial area where a truck driver was shot by a traffic officer.
Details as to what happened at the scene of the crime on Sunday afternoon February 25 are still sketchy.
Teiken vir misdaad
Dit kan nie bevestig word of die voorval van ‘n Checkers Sixty60 afleweringsbode wat beroof word terwyl hy by ‘n kompleks se ingang wag vir toegang, in Klerksdorp gebeur het nie. ‘n Video van so ‘n voorval het vandeesweek opslae gemaak op sosiale media, maar die oorsprong kan nie bevestig word nie. Verskeie mense van regoor die land wat kommentaar gelewer het op die video het aangedui dat hulle weet van soortgelyke voorvalle wat al met afleweringsbodes gebeur het. Wees maar versigtig, is die algemene boodskap. Die foto is ‘n skermgreep van die video.
Familiehuis in puin
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Huis op die Nooitgedacht kleinhoewes is die afgelope naweek in ‘n brand verwoes.
Elize Steyn vertel dat niemand by die huis was toe die brand omstreeks 16:00 op Saterdag 24 Februarie uitbreek nie. “My broer bly baie naby en hy het die rook gesien. Toe jaag ons almal soontoe. Die brand het in die dak uitgebreek en baie vinnig versprei. Daar is niks oor nie.