Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die voertuig wat vandeesweek tydens ‘n rooftog by ‘n Wilkoppies huis gesteel is, is ‘n paar ure later verlate gevind in Roosheuwel.

‘n Bejaarde man is vroegoggend op Dinsdag 14 November in sy huis oorval deur twee gemaskerde mans. Albei was gewapen, een met ‘n vuurwapen en die ander met ‘n mes.

Read more …Vuurwapens gebuit in rooftog

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die tegnici by die stadsraad krap al maande kop oor klagtes dat Vodacom telefoonnommers nie die munisipaliteit kan skakel nie.

Dit kan tog nie wees nie? Die tegnologie is mos deesdae so gevorderd, hoe is dit moontlik? 

Klerksdorp Rekord het ondersoek ingestel en met raadslede en tegnici gepraat, en selfs vanaf ‘n Vodacom-nommer die stadsraad se skakelbord probeer bel. Die oproep is net afgesny.

Read more …Lui lui telefoon - behalwe as jy van Vodacom bel

Klerksdorp Rekord, Potchefstroom - Die bekende sportfotograaf, Mario van de Wall, is skielik oorlede na ‘n kort siekbed. 

Hy het aan diabetes gely en was in die hospitaal nadat albei sy voete onlangs geamputeer is.

Van de Wall (62) was bekend op en van die sportveld af en was die laaste jare die Luiperds Rugby-unie se fotograaf. Die Potchefstroom Herald het in ‘n huldeblyk geskryf dat hy vir jare ikoniese sportoomblikke in Potch met sy lens vasgevang het. Hy was gereeld op die sportveld en terwyl sy siektetoestand verswak het, het hy nog steeds alles gegee om die aksie op die veld af te neem. 

Read more …Sportfotograaf sterf in hospitaal

More Articles …