Die Klerksdorp muurbalklub het sy klubkampioenskap tussen 13 en 24 November aangebied. Alwyn Venter en Divan Potgieter het in die finaal gespeel. Venter is as klubkampioen aangewys. Hier is hy by Heinrich Kock, voorsitter.
Die Klerksdorp muurbalklub het sy klubkampioenskap tussen 13 en 24 November aangebied. Alwyn Venter en Divan Potgieter het in die finaal gespeel. Venter is as klubkampioen aangewys. Hier is hy by Heinrich Kock, voorsitter.
Klerksdorp Record, Klerksdorp - The final leg of the Fortress Running Series took place at the Flamwood Walk Shopping Centre over the weekend.
Gladwin Mzazi delivered on his promise to inspire the youth when he won his hometown race on Sunday November 19. The Boxer Athletic Club top runner who started running in Jouberton as a 13-year-old before moving on to Central Gauteng, returned to his hometown for the final instalment of the 2023 Fortress Running Series.
Mzazi did not disappoint as he won the 21km race ahead of Kemoreng Moabank-we and Ofentse Motlhomi. Winning a race where it all started was a special moment for the 35-year-old and he hopes it will inspire the next generation of elite athletes from Klerksdorp.
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Sestien plaaslike besighede het die afgelope ses weke sake uitgespook op die rolbalbaan van Klerksdorp Rolbalklub in die sakeliga.
Die mededinging was straf en die geesdrif was groot maar gesonde wedywering was aan die orde van die dag.
Die spanne het in 10 wedstryde meegeding wat ‘n semi-finaal en die finale rondte ingesluit het. Verlede jaar se kampioen, Trans TV het weer die goue medalje gewen deur die gedugte span van Autovest in die finaal te troef. Spel van hoë gehalte was gelewer maar toe die stof gaan lê was dit Trans TV se balle wat die wen bewerkstellig het. Konica Minolta het die brons medalje voor Oranje Toyota weggeraap.
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - A personal trainer from Klerksdorp is a new world champion in bodybuilding at an international competition that was held in England recently.
Marius van der Mescht qualified for the SA team to participate at the UIBFF World Bodybuilding championship on November 4. He won the category Men’s Physique Masters for bodybuilders over 40.
Now an accomplished bodybuilder and trainer, Marius describes his former self as looking like Gru, the main character in the animation movie Despicable Me. That was five years ago. “I started going to the gym to live a healthier lifestyle, and when I started noticing changes in my body, I just continued until I entered my first competition and from then on it was tickets,’’ he laughs.
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Klerksdorper is in Rolbal SA se span ingesluit wat volgende jaar aan die wêreldkampioenskap vir gestremde rolbalspelers gaan deelneem.
Die toernooi vind in Ekhurhuleni plaas gedurende Mei en rolbalspelers van tien lande kom hier deelneem.
Pikkie Loots is ‘n voorbeeld van deursettingsvermoë na ‘n tref-en-trap ongeluk drie jaar gelede waarin hy sy linkerbeen verloor het. Pikkie was voor die ongeluk ‘n kranige rolbalspeler en het selfs die Noordwesspan gelei. Dit het ‘n rukkie geneem maar met sy positiewe gesindheid het hy eers in ‘n rystoel en nou op ‘n kunsbeen weer die sport begin beoefen.
“Wat `n groot eer en respek vir `n mens wat deur al die hartseer en pyn en lyding gegaan het, wat `n voorbeeld vir almal. Namens Klerksdorp Rolbal wil ons vir Pikkie in al sy vasbyt en pad vorentoe alles van die beste toewens,’’ het Henry Peens van Klerksdorp Rolbal gesê.