Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die plaaslike marathonklub het ‘n pasta-aand gehou vir atlete wat die Twee Oseane Marathon gaan aanpak.
Liefie Day hardloop vanjaar haar 10de ultramarathon wat 56km lank is.
Die klub is trots op die meeste beginners nog vir die 56km-wedloop met 18 atlete. Die klub sal 52 atlete in die twee wedlope hê.
KHS se jonges wen rugbyweek
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Albei KHS se rugbyspanne wat aan die NTK Bosveldweek in Modimolle deelgeneem het, het vandeesweek as wenners van die kompetisie na Klerksdorp teruggekeer.
Die o/14s en o/15s het op Maandag 25 Maart in die finaal gespeel. Albei spanne het teen hul eweknieë van Ellisras uitgedraf. Die o/14s se teenstanders het nie hond haaraf gemaak nie en die jong KHSers het met 47-0 gewen. Die ouer span het hul opponente met 20-5 gewen.
In totaal het 18 spanne van 9 vooraanstaande skole regoor die land aan die rugbyweek deelgeneem wat skole insluit soos Curro Heuwelkruin (Polokwane), Curro Hazeldean (Pretoria), Hoërskool Dinamika (Alberton), Hoërskool Ellisras, Hoërskool Piet Potgieter (Mokopane), Hoërskool Wagpos (Brits), Hoërskool Wolmaransstad en Hoërskool Nylstroom.
Nog ‘n veer in die hoed vir KHS is dat die trofeë vir beste voorspeler en agterspeler vir die week terugkom na die skool se trofeekas. Juan Booysen is as beste voorspeler aangewys en Johan van Moltke is beste agterspeler.
NWU Eagles shows grit against Ixias
Klerksdorp Record, Klerksdorp - Defending champions NWU Eagles survived a late onslaught by FNB CUT Ixias to reclaim the top spot after round six of the 2024 FNB Varsity Cup. It was a game of two halves in Bloemfontein that in the end saw FNB NWU Eagles edge out FNB CUT Ixias 53-46.
The hosts took the lead early and extended it twice through the boot of fly-half Juan Smith, before Eagles centre Arnold Volk charged down an attempted clearance from Smith and dotted down for the first try of the match.
Skoolseun nou klubkampioen
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Jong gholfspeler is besig om die gholfbaan aan die brand te speel.
Leonard Swart (14) is pas aangewys as Orkney Gholfklub se klubkampioen na tellings van 73 en 70. Dié KHS’er het ook al vroeër die Joburg Junior-toernooi gewen.
Volgens Leon Bevan, gholfkenner, neem die jongman sy gholf baie ernstig op. Leonard was reeds in die NW-hoërskolespan ingesluit, terwyl hy in gr 8 is. Volgens Bevan gebeur dit selde.
Leonard en sy familie is Mahikengers wat onlangs na Klerksdorp verhuis het.
Lewensredders uit Klerksdorp
Skoolkinders van Klerksdorp neem gedurende die skoolvakansie in Durban deel aan die SA Lewensredding Kampioenskappe. Hulle word afgerig deur Ciska Bobbert van Aquamix Swemskool. Hulle is (voor) Mikah du Toit, Henro Smit, Kayden Mulder, (middel) Juann Brits, Christoff Botha, Jordan van Rooyen, Francois Fick, (agter) Marnitz van den Berg, Justin Lloyd, AJ Brits en Hugo Taljaard.









