Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – MAREETSANE - Die lede van Mareetsane VLU het aan die begin van Desember 2023 hulle jaarafsluiting gehad. 
Die dag is afgeskop met vlakoek en tee by ‘n Teetuin te Sannieshof. Die dames is getrakteer met pragtige fluitspel deur Adri Schutte. 
Daarna het almal besoek afgelê by ‘n gallery en tuin. 

 ‹n Smaaklike middagete is genuttig by ‘n Koffiewinkel in Biesiesvlei. Die tafel was keurig met ‘n kerstema gedek. Geskenkies is uitgeruil en hoogtepunte van die afgelope jaar is gedeel. 
Die vrouens het vetplant kerskranse gemaak om huis toe te neem en die kinders het buite in die tuin en speelpark baljaar.  ‘n Propvol dag met spesiale vriendinne om die jaar af te sluit!
Die nuwe bestuur vir 2024 is aangekondig.