Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – GROOTPAN - Grootpan VLU se eerste vergadering vir 2024 is gehou op 13 Januarie by die NWK Grootpan Boeresaal met gasvrou, Azel Blignaut. 
Azel verwelkom almal en open uit Lukas 4:18-19.  Net soos skoenlappers met ‘n “son-kompas” vlieg het ons Christene die Heilige Gees om ons rigting te bepaal.
Azel vertel ons meer van die skrywer en skilder, Rudie van Rensburg. Hy is bekend vir sy Hans-reeks en het al verskeie toekennings ontvang vir sy boeke.

 Rudie se skilderwerk vind sy inslag in Picasso se werk en sy skilderye is opgeneem in versamelings in verskeie lande.
Met ons tema vir die jaar - Kom ons MAAK tyd – versier elke vrou ‘n bladsy met horlosies en skoenlappers.  Azel lees ‘n gedig van ‘n skoenlapper. Die vroue geniet ‘n glasie sjampanje terwyl almal opvang met mekaar se lewens.
Ons is bederf met heerlike eetgoed en koffie. 
 Baie dankie vir almal wat teenwoordig was. Die volgende vergadering vind plaas op 10 Februarie. Vir meer inligting skakel vir Azel op 0833024722.