Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Ouma Ina Brand (74) kan amper soos Cinderella se ‘Fairy Godmother’ toor. 
Sy het net so bietjie meer as ‘n towerstaffie nodig… papier, potlood, skêr, lap, garing en ‘n naaimasjien. Voeg daarby ‘n goeie skeut liefde en geduld en siedaar – ‘n sprokiesrok.
Die meeste rokke begin met ‘n rol papier en dit is waar die Noordwesterspan ouma Ina leer ken. So is ouma se papierrol gedaan en haar plan: “Neem my na julle plaaslike koerant – dis waar ons gaan regkom.” Hulle is huis toe met ‘n rolletjie koerantpapier om vinnig drie nuwe rokke en nog baie meer in die volgende 15 jaar te maak. 

Behalwe vir die kleindogters het ouma al ‘n magdom rokke, blomme- en strooimeisierokke, valbalrokke, matriekafskeidrokke en trourokke eiehandig gemaak vir ander.
Die idioom - die vere maak nie die voël nie het ‘n belangrike lewensles. Die regte vere, of baadjie, vir die geleentheid is lewensnoodsaaklik. So byvoorbeeld het voëls in kouer gebiede meer donsvere om hulle warm te hou. As jy nou nie deur die natuur uitgerus is met die regte vere nie… dan moet jy ander planne kan maak. Natuurlik is dié plan ouma Ina met haar vlytige hande. 
Mag ouma Ina nog vele meisies en vrouens laat pronk.