Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die vermoë om te bestuur gaan nie net daaroor om van punt A na punt B te gaan nie; dit gaan oor onafhanklikheid en vryheid. 
Vir baie bejaarde bestuurders is dit ‘n manier om aktief deel van die wêreld te bly. Vir senior burgers is die doel om te bestuur om hul veiligheid en welstand te verseker, maar ook die veiligheid van mede-motoriste.
In Suid-Afrika is daar geen spesifieke ouderdomsperk vir bestuur nie. Soos ons ouer word, is veranderinge in reaksietye en visie egter natuurlik. Rybewyse moet elke vyf jaar hernu word, en dit sluit ‘n oogtoets in om te verseker dat jou vermoëns agter die stuur in lyn is met veiligheidstandaarde. 

Soos wat jy ouer word, word gewrigte stywer en spiere kan verswak. Artritis, wat algemeen onder ouer volwassenes voorkom, kan jou vermoë om te bestuur beïnvloed. Sekere voertuigaanpassings kan hiermee help. Soos jou gehoor verander, kan jy sukkel om geluide soos  sirenes, toeters of selfs geluide in jou motor te hoor. 
“Om veiligheid agter die stuur te verseker, is van kritieke belang vir bejaarde bestuurders. Of dit nou is om jou motor in stand te hou, nuwe veiligheidstegnologieë te gebruik of voertuigaanpassings te oorweeg, daar is ‘n paar maniere om bejaarde bestuurders veilig te hou terwyl hulle op die pad is,” sê Barend Smit, bemarkingsdirekteur van ‘n verskaffer van motorbestuursoplossings, uit.
Die instandhouding van jou motor is ‘n belangrike aspek van padveiligheid. Gereelde diens hou remme, bande en belangrike komponente in optimale toestand, wat die kanse op onverwagte teenspoed op die pad verminder.
‘n Belegging in ‘n diensplan is ‘n goeie manier om koste te bestuur, dit verseker dat die voertuig gereeld gediens word. Dit help om enige groot verrassingsrekeninge te vermy wanneer dit by motorherstelwerk kom. 
“Bejaarde bestuurders sal ook moet kyk na die soort motor wat hulle bestuur,” sê Smit. “Moderne motors is toegerus met ‘n verskeidenheid veiligheidskenmerke wat ontwerp is om bestuurders te help, veral diegene wat voordeel kan trek uit bykomende ondersteuning. Tegnologieë soos botsingwaarskuwingstelsels, aanpasbare spoedbeheer en baanwaarskuwings kan van onskatbare waarde wees vir bejaarde bestuurders. Hierdie kenmerke dien as ‘n tweede stel oë, wat bestuurders waarsku oor moontlike gevare en selfs ingryping wanneer nodig, wat die risiko van ongelukke verminder.”
Vir bejaarde bestuurders is gemak en beheer uiters belangrik. Sekere voertuigaanpassings kan die bestuurservaring aansienlik verbeter. Kussings bied ekstra ondersteuning en gemak, terwyl beter spieëls blinde kolle verminder. Stuurwieloortreksels verbeter greep en verlig die spanning op hande. Boonop bied handkontroles ‘n alternatiewe manier om die voertuig te bestuur, wat bestuurders in staat stel om alle funksies te gebruik indien die bene nie meer kan nie. 

Bykomende padveiligheidswenke:
As jy enige bekommernis het oor jou gesondheid en bestuur, praat met jou dokter.
Bly fisies aktief, want dit sal help met buigsaamheid en mobiliteit.
Indien nodig, dra altyd jou bril, kontaklense of gehoorapparate wanneer jy bestuur.
Probeer dit vermy om te bestuur wanneer jy gestres of moeg is.
Laat  genoeg spasie tussen jou motor en die motor voor jou.
Beplan jou roete en tyd wat dit gaan neem. Vermy swaar verkeer.