Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Verseker jou troeteldier is versorg die feesseisoen.  
Met die einde van die jaar wat vinnig nader kom, maak mense gereed vir die vakansieseisoen. Dit is belangrik om behoorlik te beplan vir die welsyn van jou dier, of jy nou tuis bly, reis of tyd weg van jou troeteldier deurbring. Ons kyk spesifiek na honde.
•    Moet nooit jou hond in ‘n geparkeerde motor agterlaat nie, nie eers vir ‘n oomblik nie! Nie eens met die motor wat loop en lugversorger aan nie. Op ‘n warm dag kan die temperatuur in ‘n voertuig vinnig tot gevaarlike vlakke styg, in letterlik sekondes.

•    Kyk na die humiditeit. Wanneer die hond hyg, verdamp vog uit hul longe en help dit om hul liggaamshitte te verminder. Maar hoë humiditeitstoestande belemmer die proses en hul vermoë om hulself af te koel, en hul liggaamstemperatuur kan vinnig die hoogte inskiet - tot gevaarlike of selfs dodelike vlakke. As jou hond die volgende sipmtome het kan dit dui op hitte-uitputting; oordrewe hyging,vinnige hartspoed, opgooi, swakheid of lusteloosheid en bewusteloosheid. Neem die hond na die veearts. 
•    Beperk oefening op warm dae tot vroeë oggend- of aandure, en wees veral versigtig met honde met witkleurige ore, wat meer vatbaar is vir velkanker, en honde met kort neuse, wat gewoonlik sukkel om asem te haal. Honde sweet hoofsaaklik deur hul pote.Teer word baie warm en kan jou troeteldier se pote verbrand, so loop met jou hond op die gras indien moontlik. Dra altyd water saam om te voorkom dat die hond dehidreer. As jy nie seker is of die sypaadjies te warm is nie, plaas die agterkant van jou hand vir sewe sekondes op die grond, as jou hand brand of baie warm word,is dit te warm om met jou hond te stap.  
•    Voorsien genoeg skaduwee en water. Elke keer as jou hond buite is, maak seker dat hulle beskerming teen hitte en son en baie vars, koue water het. Tydens hittegolwe, voeg ys by water indien moontlik. Boomskadu en seile is ideaal omdat dit nie lugvloei belemmer nie. ‘n Hondehok  bied geen verligting van die hitte nie - dit maak dit eintlik erger. Boomskadu en seile is ideaal omdat dit nie lugvloei belemmer nie. Koel jou troeteldier van binne en buite af. Honde koel hulself van onder-af, af, daarom is dit belangrik dat hul pote en maag nie te warm word nie. ‘n Eenvoudige, effektiewe manier om jou hond koel te hou in die hitte is om ‘n handdoek onder ‘n koue kraan te hou, die oortollige water uit te draai en sodoende ‘n koelmat oral in jou huis of tuin te skep. Maniere waarop jy jou hond kan aanmoedig om meer te drink, is byvoorbeeld  om met tuinsproeiers te speel, troeteldier-yslollies te maak en hul drinkwater te geur. 
•    Hou ‘n plan B gereed vir temperatuur verwante probleme soos beurtkrag en storms.
•    Vuurwerke is honde se ergste nagmerrie. As jy jou troeteldiere by die huis gaan los in die sorg van ‘n huisoppasser of professionele troeteldieroppasser, tref asseblief reëlings vir Oujaarsaand, sodat jou hond binne-in die huis gehou kan word en iemand by hulle bly en verseker dat hulle veilig en kalm is gedurende hierdie tyd. Hou in gedagte dat vuurwerke vyf keer harder is vir honde en katte as mense.
•    Maak gebruik van ‘n professionele troeteldier oppasser om te verseker dat jou hondveilig en gelukkig sal wees.