Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Laerskool Lichtenburg het die voorreg gehad om deel te wees van die Street Smart for Kids projek se kinderbeskermings program vir laerskole. Matla A Bana is ‘n bekroonde nie-winsgewende organisasie met projekte in Gauteng, Wes-Kaap, Oos-Kaap, Noord-Kaap, Vrystaat, Mpumalanga, Limpopo en Noordwes.
  Die Nasionale Skooluitreik Projek, Street Smart for Kids, met die tema “Moenie boelie nie” is waar Kaptein Bullie Buster kinders leer om nie te boelie nie, en ook nie geboelie te word nie, maar om op te staan en afknouery aan te meld.

En op die uitkyk te wees vir die bedrieërs wat kinders wil mislei. Om kinders in laerskole te bereik was een van die hooffokusse en Matla a Bana het verskeie programme; “Deel jou geheim” en “Moenie boelie nie”, ontwikkel wat jaarliks duisende kinders bereik. As gevolg van die toename in gevare op sosiale media en ontvoering van kinders, fokus hulle ook om die “Deel jou geheim”-vertoning aan soveel as moontlik kinders te neem. Dit is met groot geesdrif aangebied en die leerders het baie geleer, te onthou en ook toe te pas in hulle allesdaagse lewens. Dit is voorwaar ‘n aanbieding wat kinderharte aanraak, ten goede.