Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – SANNIESHOF- Hallo daar!
Ek het ‘n storie om te vertel. Ek dink dit is gepas in hierdie droeë, warm tyd omdat slange hierdie jaar spesifiek die land vol wemel.
My Bokser hond, Brian is 3 Maart gepik deur ‘n reuse Rinkhals. My ander Bokser hond, Lara, is deur dieselfde slang gespoeg. Hulle het egter aanhou baklei vir ongeveer 15 min tot hulle seker was daardie slang is dood. Ons was nie tuis op daardie oomblik nie, maar het sowat drie ure later eers by die huis opgedaag. My man is onmiddellik met hul Lichtenburg Dierehospitaal toe, waar hulle vir Brian met teenmiddel behandel het, en twee dae later was hulle weer veilig by die huis.

Saterdag, 16 Maart toe kom ons eers 18:00 by die huis. Ons einste Brian is weer gepik, twee keer, dié keer deur ‘n Pofadder. Ek het terug gegaan op die kameras en gesien hy is ongeveer 06:15 daardie oggend al deur die pofadder beetgekry. Sy stert het gewaai en hy was net bly om ons te sien, en wou ons net wys hy het ons wéér beskerm deur die slang dood te maak. Weereens is ons Lichtenburg Dierehospitaal toe met hom, waar hy weer behandel moes word. Vroeg gisteroggend, kon ek hom weer gaan haal en hy is weer uit en tuis.
Dr Andrea van Lichtenburg Dierehospitaal was verstom dat dit in so kort tydjie gebeur het en het ons gewaarsku dat dit gevaarlik kan wees omdat hy twee keer so kort na mekaar gepik is. 
Tog kon hy darm vinnig gesond word. Lichtenburg Dierehospitaal is uitstekend en gaan altyd die ekstra myl, maak nie saak watter tyd van die week of dag dit is nie.
Hy is ‘n yster, omdat hy in minder as twee weke twee sulke gevaarlike slange kon oorleef!
Groete.
Monica Renieri
071 356 2834