Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG – 4 Mei 2024 is dié datum vir die Hakbos Eco Challenge wat net buite Lichtenburg by Hakboslaagte op die terrein van die Evangelies Lutherse Concordia-gemeente plaasvind.  (GPS: S26 20.175 E26 11.959) Registrasie open om 06:30 en alle fietsryers moet 07:25 aanmeld by die wegspringpunt vir ‘n inligtingsessie. Aanlynregistrasie kan by www.entryninja.com gedoen word. Daar is medaljes en kontantpryse vir elke deelnemer. Bergfietsryers kan roetes van 70km, 40km of 15km aanpak.

Die roete is ook  geskik vir “gravel bikes”. E-fietse is welkom, maar sal nie in aanmerking kom vir prysgeld nie. Onthou: “No-helmet-no-ride”. Kinders onder 18 jaar moet toestemming kry van ouers of voogde om deel te neem. As jy nie wil fietsry nie, kan jy stap of draf (21km, 12km of 5km), dit kan net soveel pret wees.  Heerlike kos, koeldrank en yskoue bier is te koop. Gratis en veilige parkering is beskikbaar asook kredietkaartfasiliteite.  Selfsorg oornag- en kampeerfasiliteite is beskikbaar. Die kontakpersoon is Antoinette Duvenhage op 082 567 0870. Enige ander navrae: Meyerine Schulenburg op 073 457 9768. Voor die winter is dit net die ding om aan deel te neem, bespreek dadelik jou plek en geniet ‘n heerlike pretdag!