Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Vir negentien maande het die Nederduitse Hervormde Kerk, Lichtenburg gefunksioneer sonder ’n predikant in die gemeente. Ds. Lammert van Rooyen het in hierdie tyd as konsulent opgetree. 
Hy het die kerkraad bygestaan en die nodige toesig gehou oor die gemeente. 
Eredienste  het elke Sondag plaasgevind en die nodige pastorale dienswerk is  met groot sorg verrig.
Na ’n proses van twaalf maande in die soeke na die geskikte predikant vir dié gemeente, word hul gebede verhoor. 

Die vyfde beroep na Gemeente Lichtenburg, is deur ds Gerhard Viviers vanaf die gemeente Wolmaransstad aanvaar. Ds Gerhard was vanaf 2015 by die gemeente Wolmaransstad in diens. Op 27 Maart verhuis die Viviersgesin na Lichtenburg en op Sondag, 7 April is ds Gerhard as predikant in die gemeente bevestig. Na afloop van die erediens en program in die kerk, het besoekende predikante, familie en lidmate van Lichtenburg en Wolmaransstad gesellig saam by die Leon Bandjies saal gekuier. 
’n  Smaaklike  ete is deur die NHSV voorgesit. 
Ds Gerhard is reeds hard aan die werk in die gemeente en betrokke by die gemeenskap. 
Jorina het tesame met haar verantwoordelikheid as pastoriemoeder, ook aan die begin van die nuwe skoolkwartaal, as onderwyseres by Hoërskool Lichtenburg begin, waar sy Afrikaans onderrig.
Lidmate van die NH-kerk is dankbaar dat ds Gerhard, Jorina, Annebelle (11) en Johard (5) besluit het om na Lichtenburg te kom en is opgewonde oor die nuwe era wat aangebreek het. Die gemeenskap wens die gesin vele geseënde jare in die gemeente toe.