Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die nuutste jaartema vir die FAK Internasionale Afrikaans-Ekspo is bekend en inskrywings is nou oop. Met vanjaar se tema, verken ons die toekoms. 
Die onsekerheid wat soms daarin opgesluit is, maar nog te meer die hoop wat op ons wag. 
“Die toekoms kan onseker of duister wees, maar dit is ook in die toekoms waar daar hoop is. Die toekoms lê in die jeug se hande. Droom hulle groot? Sien hulle uit na die toekoms? Gaan hulle ons taal, kultuur en geskiedenis in die toekoms laat voortleef? 

Ek sien uit daarna om te sien wat doen hulle met ‘toekoms’ as tema vir die Afrikaans-Ekspo vanjaar.” Só sê Chrisna Nel, Ekspo-koördineerder. 
Jong kunstenaars, liedjieskrywers, aspirant-joernaliste, fotograwe en digters staan die kans om groot pryse te wen en R5000 is op die spel vir die laerskool én die hoërskool met die meeste inskrywings. 
“Kyk bietjie na jouself. Wat is die toekoms van ons taal? Die toekoms van ons land, ons tradisies, kultuur en identiteit. Gaan rekenaarbreine oorneem? Gaan ons dalk almal Mars toe moet vlug omdat ons die aarde vernietig? 
Daar is soveel kreatiewe vryheid in hierdie tema. Ons wil graag hoor oor jou opwindendste drome en visie vir die toekoms. Hetsy vir jouself, jou skool, taal, of sommer fantasie oor iets totaal onrealisties,” sê Nel. 
Leerlinge en studente tot en met die ouderdom van 25 kan toekoms skets met ’n verfkwas, kamera, pen en woorde, want met die FAK Internasionale Afrikaans-Ekspo, kan jy kreatief raak in Afrikaans.  Doop jou pen in die ink van ’n taal wat byna ’n eeu oud is. Klik dié oomblik vas met jou kamera, ’n oomblik wat dalk ’n honderd jaar terug, ver verby die stoutste verwagtinge van jou voorouer is. Sing in harmonie in die taal van jou hart en laat die verf dit op papier bloei. 
 Wees jy, in Afrikaans, vir jou toekoms. 
Skryf hier in: https://projekte.co.za/ekspo/