Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER- LICHTENBURG - Die nuutste stand van Suid-Afrika se munisipaliteite bring die volgende aan die lig. In meeste  munisipaliteite word geen dienste gelewer. Good Governance’s Governance Performance Index (GPI) het aan die lig gebring dat agt van Suid-Afrika se provinsies se munisipaliteite ‘n telling onder vier uit vyf behaal het.
Die tellings word bepaal op grond van vier kriteria –

1. Dienslewering
2. Administrasie en bestuur
3.Beplanning, monitering en evaluering
4. Leierskap en bestuur
Noordwes is die munisipaliteite wat die swakste gevaar het, met ‘n gemiddelde GPI-telling van 2,59.
Volgens die verslag stem dié telling ooreen met die werklikheid waarin byna 40% van die provinsie se 18 plaaslike munisipaliteite tans onder provinsiale administrasie is.
Minder as een uit elke vyf respondente van Noordwes het hul tevredenheid uitgespreek met munisipale dienste, die laagste koers in enige provinsie.
Volgens data van die ministerie in die presidensie vir beplanning, monitering en evaluering staar 90% van munisipaliteite nood of disfunksie in die gesig. 
Data van die ouditeur-generaal toon dat 38 munisipaliteite en slegs twee uit agt metropolitaanse gebiede die afgelope boekjaar skoon oudits behaal het. Verder onderbestee baie van hierdie munisipaliteite hul infrastruktuurtoelaes van die nasionale tesourie ondanks die vervalle aard van munisipale infrastruktuur. 
Oorsig van elke provinsie se gemiddelde GPI-telling vir 2024.