Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – ZOETMELKSVLEI – Zoetmelksvlei VLU is baie trots op een van die lede. Marietjie van Rooyen het op die onlangse Sonneblom konferensie, ‘n 50-jaar lidmaatskapstoekenning ontvang by die VLU. 
Marietjie het in 1974 by die Roodepoort-tak aangesluit en begin deelneem aan die tak-kompetisies, waar sy verskeie toekennings ontvang het. In 1983 was sy die eerste wenner van die  Danie van Zyl trofee wat deur die Burgemeester van Johannesburg geskenk was vir die vrou met die meeste punte vir Konferensie en Kongres  artikels. Gedurende 1988  het sy die J. Muller en C. Steyn trofee verower vir die meeste punte behaal in die afdeling vir borduurwerk.

Sy behaal ook ‘n derde plek vir ‘n geborduurde trui op die Kongres en daarna ‘n vyfde plek by S.A. Kongres. Sy en haar gesin verhuis in 1990 vanaf Johannesburg na hul plaas naby Coligny.  Sy word in Januarie 1991 lid van die Coligny tak. Met die “Klee ‘n nasie projek” vir die Lushof kinderhuis kinders, verower sy ‘n eerste plek in die provinsie en ‘n derde plek in die land. In 2020  ontbind Coligny tak en sluit sy by die Zoetmelksvlei tak aan waar sy nog steeds die vergaderings baie geniet. Sy neem ook nog van tyd tot tyd deel aan die Konferensie en Kongres artikels. Die VLU het deur die jare baie vir haar beteken. Volgens Marietjie het sy in die eerste plek ongelooflik baie geleer deur die positiewe kritiek van die beoordelaars, maar dit was nie vir haar die belangrikste nie. Wat vir haar van die grootste belang is, is die mensekennis wat sy opgedoen het, die baie vriende wat sy gemaak het en die baie mense wat sy ontmoet het by Konferensies en Kongresse wat sy gereeld bygewoon het. Sy glo dat haar lewe sonder die VLU baie armer sou gewees het.