Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Borskanker is wêreldwyd die algemeenste kanker by vroue. Een uit elke twaalf vroue loop die risiko om in haar leeftyd borskanker te ontwikkel.
Vroeë opsporing en diagnose van borskanker is lewensbelangrik vir die geslaagde hantering van die siekte. Hoe kleiner die gewas is wanneer dit opgespoor en verwyder word, hoe beter is die kans dat dit nog nie uitgesaai het na ander dele van die liggaam nie. Navorsing het getoon dat gewasse van kleiner as 1,5 cm in deursnit ‘n kleiner kans het om uit te saai en ook minder aggressief is. Daar is verskillende maniere waarop ‘n vrou haarself deur vroeë opsporing kan beskerm.

Borskanker eis meer lewens van vroue tussen die ouderdomme van 35 en 50 jaar as enige ander siekte. Volgens die jongste uitgawe van die Nasionale Kankerregister van Suid-Afrika is borskanker ook die algemeenste kanker by vroue in Suid-Afrika. Vroeë opsporing en diagnose van borskanker is lewensbelangrik vir die geslaagde hantering van die siekte. Hoe kleiner die gewas is wanneer dit opgespoor en verwyder word, hoe beter is die kans dat dit nog nie uitgesaai het na ander dele van die liggaam nie. Navorsing het getoon dat gewasse van kleiner as 1,5 cm in deursnit ‘n kleiner kans het om uit te saai en ook minder aggressief is. Daar is verskillende maniere waarop ‘n vrou haarself deur vroeë opsporing kan beskerm. Volgende week meer oor simptome.